Harry, een van ons medebloggers, is ‘n storieverteller van formaat. Sy kortverhale het gereeld verskyn op Bierpense se joernaal Kekkel op die Plaas, te bsigtig by kekkel.wordpress.com. Sy kortverhale het nou so gewild geraak dat daar nou ‘n webjoernaal oopgemaak is met al Harry se stories in een plek. Gaan besigtig hierdie webjoernaal by duinemense.wordpress.com. Daar is ook ‘n snelskakel beskikbaar op my blogroll.
Min mense sien die absolute skoonheid van die dorpie, Hentiesbaai in as hulle eers in Swakopmund was. Swakopmund is ons mekka vir al wat toeriste is van oorsee tot die mense van RSA wat kom kuier. Maar as jy van die plaaslike mense ken dan verlaat jy gewoonlik die toeriste roetes en dan trap jy jou eie stel spore deur die namibsand. Soos jy aangery kom na Henties baai, so kry jy van ver af die uitdrukking dat dit net maar nog ‘n kampeer plek langs die see is met ‘n naam soos Wlotkasbaken of Jakkelsputz, maar soos jy naderkom sien jy dan die huise duideliker waar hulle tussen die soutbosse opstaan en dan weet jy dat jy in Hentiesbaai arriveer het. Jy bevind jou op ‘n netjies dubbel laan hoofstraat wat dan tot by die eerste 4 rigting stop uitloop en hier draai jy dan links as jy na die naaste hotel wil gaan om jou keel bietjie nat te maak.
Die hotel wat jy die maklikste sal vind in Hotel De Duine. Hierdie hotel staan gebou op een helse groot sandbank. As jy op die rand van die sandbank gaan staan dan lê die see uitgestrek onder jou. Hoeveel keer het ek daar gestaan en dan sommer my hande na weerskante uitgestrek soos ‘n dominee van sy kudde seën na die kerkdiens. Dan het ek my ogens toegemaak en my verbeel ek is ‘n seemeeu en die see briese wat van onder van die see af opstoot boontoe na waar ek staan gee my die ervaring van ‘n meeu in die vlug. Koel seelug met die geur van salpeter en bamboes in my neusgate. Verlore in die droomlug om my.
As jy by die vier rigting stopstraat reguit aanry kry jy die golfbaan van Hentiesbaai. Hierdie glofbaan bestaan maar eintlik net uit 9 putjies met setperke hier en daar in die oop sand. As jy jou bal hier in die wind in afslaan staan jy met jou oë vol seesand. Soms sal ‘n parmantige seeumeeu kom neestryk en dan laat spaander met jou bôl na wie weet waar in die woestyn en en jy sal daai bôl nie nie weer sien nie. Soos jy met die straat aanry kry jy dan jou eerste draai in die pad en op die binnekant van die draai sal jy dan Oom Jolly se blou en wit muur sien met die groot geskrif daarteen: “Jolly Patrollie” Hoeveel glimlagte het díe naam ontketen?
Ek het reeds van oom Kas en sy Tornado geskryf maar ek sal nooit verby oom Jolly se muur ry sonder om aan oom Kas ook te dink nie. Oom Kas was die een man wat oom Jolly se muur twee keer omgery het en twee keer weer moes laat opbou het. Die eerste keer was dit met sy Ford Cortina drieliter bakkie en die twede keer was dit met sy Alfa Romeo. Oom Kas was een van die manne wat graag by De Duine in die kroeg gaan kuier het tot wie weet hoe laat in die nagte. Dan was daar gefuif sonder weerga. Soos die partytjie dan tot ‘n end kom, het oom Kas dan in sy motor geklim en so van oom Kas van Tsumeb af in gedaante verwissel tot Stirling Moss van London… Dan was die oop pad oom Kas se speelplek en kon díe oom jaag. Daar was niks fout met sy manier van bestuur nie. Daar was net een fout met oom Kas. Hy kon nooit die draai in die pad voor oom Jolly se huis onthou nie.
Eers as die letters Jolly Patrollie voor hom opdoem, dan het hy onthou maar dan was dit ook te laat. So het hy twee goeie karre afgeskryf en twee mure gebou. Oom Jolly self, was nooit kwaad vir oom Kas nie. Die twee het baie van mekaar gehou. Oom Jolly was bekend dat hy die grootste stel tools in sy garage gehad het waar selfs die eienaar van die plaaslike vulstasie van tyd tot tyd by hom kom tools leen het. Baie keer was ek soontoe om ‘n spesiale tool te gaan leen en elke keer het ek ‘n bottle Chateau en coke saamgevat. Oom Jolly het ‘n snaakse manier gehad om sy dop te mix. Hy het eers ‘n goeie skoot brandewyn ingegooi. Dan een kwart coke en een kwart water onder die kraan loop intap. Ek self het maar sy voorbeeld gevolg om nie aanstoot te gee nie. Dit was nogal nie te eienaardig nie. Die dop drink ek nog van tyd tot tyd as die gewone dop te soet raak en in my keel vasteek.
Die dop noem ek en almal wat ek ken ‘n Jolly Patrollie. Met groot deernis dink ek vanaand aan oom Jolly. Ek sien hom sommer op sy stoep staan en na die karre staan en kyk soos hulle verbykom. ‘n Ou oom wat in Henties kom aftree het na ‘n leeftyd van motors herstel. Al wat hy deesdae doen is om te kyk hoe die karre verbyry. Wat in oom Jolly se gedagtes omgaan, sal niemand seker ooit weet nie. Miskien wonder hy waneer iemand weer en van sy tools wil kom leen. Miskien is hy lus vir ‘n Jolly Patrollie.
Oom Kas is in Tsumeb gebore. Daar het hy  skoolgegaan en later by TCL, die kopermyn, gaan werk. Later van jarre het hy  ook ‘n plot gehad waar hy met groente en met hoenders geboer het. Nou vi r  Oom Kas het ek leer ken met die wat hy Alfred se pa was en my swaer, Ferdie,  se broer. Nou vir Alfred like ek net soveel as wat ek vir Ferdie laaik  en ‘n braai is nie ‘n braai as Alfred nie daar is nie.
So het ek dan  vir Oom Kas net ‘n paar keer in my lewe ontmoet, maar  elke keer het die  oom ‘n groot indruk op my gelaat. Hy was so hard soos ‘n engine se  sub-eassembly blok en het ‘n handruk soos ‘n bench  vice gehad. En hy was  nie onnosel nie, nee. Die oom het sy plante  intiem geken. Hoe meer ek  hom uit gevrae het om sy kennis te toets hoe  meer het hy my  beïndruk.
Oom Kas was soos enige suidwester lief om see toe te gaan. En  wat sal  jy dan nou by die see loop maak sonder ‘n ordentlike ryding?  Vroeër  jarre was viertrek voertuie net vir ryk mense en almal het maar  op die  strand rondgery met hulle kombis of bakkies en hier en daar  die  onmiskenbare gebrom van ‘n beach buggy. Nou Oom Kas kom toe eendag  af
op die Jeep Tornado en kon toe glad nie die drang keer nie en  het  dadelik die viertrek stasiewa gekoop en die volgende naweek besluit  om  af t e sit see toe. Die tannie was nie vreeslik beindruk met  die  “winskopie”nie en het geweier om saam te gaan.
So Oom Kas en  Alfred is toe na werk die Vrydagaand weg op sumeb en  oppad Swakopmund  toe. Nou kan ek julle vertel dat die pad tussen  Tsumebe en Swakop ‘n  redelike distansie is. Oom Kas het besluit om die  hoofpad by Otjiwarongo  te verlaat en om oor Omaruru te ry tot by  Karibib en dan van daar af tot  by Usakos en dan deur die woestyn tot  by Hentiesbaai waar enige stoere  suidwester verkies om te loop bly  eerder as in Swakopmund.
Soos  Oom Kas en Alfred gery het, so het die drank dan ook vrylik  gevloei met  die dat die tante nie daar was om te vermaan nie. So teen  die tyd wat  hulle deur Usakos is, was dit net na middernag. So het  hulle dan die  gruispad Henties toe gevat wat kort onder die Spitzkoppe  deurloop en so  het hulle stop-stop gery om glase vol te maak en om  water af te slaan.  By Spitskoppe kry Oom Kas toe sy eerste papwiel.
Hulle kon die berge  net-net teen die sterre uitmaak. So het hulle dan  die jack uit gehaal en  die Tornado opgejack en die wiel omgeruil.  Entjie verder kom hulle agter  die wiel is nogal die tyd pap. Uitgeklim  kom hulle agter hulle het die  verkeerde wiel om geruil en so maak
hulle toe reg wat hulle droog gemaak  het terwyl die een die ander  luidkeels verwyt. Teen die tyd wat hulle  die vreemde kar in die  pikdonker nag die tweede keer opgejack het was  altwee toe ook al ver  heen.
So toe Alfred die pap tyre agter ingooi toe  trek Oom Kas weg en  seg vir Alfie: “Die sand is glad in die wêreld”. So  hou hy dan toe die  revs versigting in die lae toere waar die Tornado se  wringkrag dan ook  die beste is. En net so sit raak die Oom aan die slaap  reg agter die
stuurwiel.
As enige iemand die nag daar gestop het  en die petalje bekyk het sou  hy of sy seker stom geslaan al rondom die  toneel geloop het. Want nie  een van die twee het onthou om die kar af te  jack nie. So het die  Tornado met sy een agterwiel in die lug gestaan en  draai en in die
sterrelig sien jy vir pa en seun voor in die Tornado vas  aan die  slaap.
Met ligdag ruk Oom Kas uit sy slaap en seg so  ewe: “Maar ons is dan  nog altyd by die Spitzkoppe!”  Oom Kas is  vyf jaar gelede op Tsumeb begrawe. Een van die laastes van
sy soort. Rus  sag, Oom Kas. Jy was een van die min mense wat ‘n  tornado gery het.  Hulle vertel mos dat die een cowboy ‘n tornado kon  ry terwyl hy sy  sigaar gerook het. Jy, Oom Kas, het vir hom gery  terwyl jy rustig  geslaap het. Ons mis jou.
Puru Puru
Die Afrikaanse gemeenskap van bloggers hier op WordPress is ‘n interessante een. Die mense hier kom uit ‘n wye verskeidenheid agtergronde en hier is baie skryftalent onder hulle.
Ongelukkig is daar ook bloggers onder ons wat genot daaruit put om blogs oop te maak waar hulle ander bloggers bespot en slegsê.
Eers het hulle die deelnemers op www.bosparra.com bespot. Noudat Bosparra kalmer geword het is daar nou sommiges wat mekaar bespot en ook ander bloggers uitsonder. Ek was gister ontsteld om te sien hoe ou Klontkoppie en Vrinne vir Bierpens en Harry bespot het. Laasgenoemde is twee bloggers vir wie ek bewondering het. Bierpens vir sy skryfstyl en die manier hoe hy sy saak stel asook die werk waarmee hy besig is om ‘n platform vir Afrikaanse bloggers te bou waar artikels oor verskeie onderwerpe deur middel van etiketblaaie, oftewel tag pages aan mekaar geskakel word. En Harry vir sy kortverhale wat op Kekkel op die Plaas gepubliseer is. Harry weet hoe om ‘n storie te vertel.
Nee regtig, so kan dit nie aangaan nie. Daar is dinge daar buite wat veel ernstiger is as ons ou kleinlike geveggies op die blogs. Julle kan eerder julle talente gebruik om die Afrikaanse blogosfeer tot ‘n kragtige medium uit te bou wat kan opvoed sowel as vermaak.
Nou  Paul was een van die meer bekende sakemanne  in Windhoek. Hy bly egter nie meer hier nie.  Ek verneem hy het deesdae ‘n groot lodge in Zambia. Nou, Paul was ook bekend vir  sy stoutighede. Soos dit nou maar vroeër dae by die see was, was daar twee  afleidings terwyl jy vakansie hou. Een was om vis te vang en die ander was om op  die strand en in die Namib woestyd te gaan ry. Hierdie twee stokpertjies kon jy  nie sonder die nodige vloeistowwe doen nie, want om in die Namib te verdwaal  sonder ietsie te drinke is groot moeilikheid
Jy kan  vir dae lank rondry en niemand sien nie. Menige duitse toeriste het dit dan ook  al agter gekom. Nou,  die plaaslike manne  is meer prakties. In plaas van om ‘n groot waterkan saam te piekel is dit beter  om ‘n coolbox vol ys en dumpies aan te ry met ‘n kas brandewyn en twee dosyn  blikkies coke om dood seker te maak jy oorlewe as jy dan verdwaal.
Die  Namib is egter ‘n warm plek en mens se keel raak gou droog. Dit is dan ook sulke  tye dat die inhoud van die coolbox vinnig verdwyn en nou praat ek nie noodwendig  van die ys nie. Dié word versigtig bewaar vir incase die bier opraak. So teen  die tyd dat die Windhoek Lager dumpies opraak, dan trek jy maar een van die  bottles brannewyn uit die karton boks uit en dan drink jy meer vir die sosiaal  as om aan die lewe te bly.
Paul  was nie anders as enige ander Namibianer wat ek ken nie. Sy beachbuggy was  gelaai lat dit lyk of hy bouklip aanry met die ding. Paul was ‘n baie  innoverende intrepeneur so dit was nie net dumpies en brannewyn en mix in sy  beachbuggy nie, nee. Daar was ook ‘n groot gasbottel en ‘n draught drom agter in  te kar. So het hy dan soos ‘n koning draught gedrink sommer so uit die pyp uit  wat hy prakseer het. Nou as jy dink dat Paul baie pelle saamgehad het, maak jy  fout. Hy en sy een mater het aleen so rondgery en gesuip.
Nou  die dag besluit Paul en sy mater dat hulle nou die woestyn gaan invaar met sy  beachbuggy en dat hulle ‘n ondekkings reis soos min wil gaan doen. Hulle plan  was om die nag reg in die Namib te gaan vuurmaak en bogpraat tot volgende oggend  toe soos wat alle Namibianers graag doen. Hulle het gery en gery en die draught  het opgeraak. Toe het hulle die coolbox met Windhoek Lager nader getrek en die  ook uit gesuip. Daarna het die logiese ding dan toe gebeur dat hulle die eerste  bottle brannewyn uitgehaal het en dan een blik coke tussen hulle twee glase  brannewyn gedeel het.
Hulle  was smoordronk en het dit nooit eers oorweeg om te stop vir die nag nie. Nee.  Hulle wou toe net ry. Hier teen donker dagbreek beland hulle op ‘n soutbos. Nou  Paul ken sy storie met die Beach buggy. Hy reverse toe net vir ‘n entjie  agteruit en toe ry hy weer aan. Hy kom toe agter die revs is so ‘n bietjie hoog  en die Volla engine laat hoor van hom. Soo sit ry hy toe maar met sy voet so  liggies op die sneller pedaal. Hoe lank hulle so gery het weet ek nie, maar  eensklap verskyn daar iemand langs hulle.
Die  twee manne kyk gelyktydig na haar. Hulle kyk haar van kop tot tone in die vroeg  oggend lig. Die lang pienk japon gaan nie hulle oë verby nie. En dit is toe dat  Paul se vriend vir hom met a hees stem vertel wat hy toe ook al self weet. Dis  die spook van Walvisbaai. Nou hoe vinniger hy ry hoe nader kom die spook. Dis  toe die spook langs die beachbuggy kom staan dat hy maar die petrolpedaal  los en na die fliek kyk wat voor sy oë verby  speel soos dit maar gebeur met elke man wat die dood innie gesig staar. Tot sy  skaamte sien hy net die een party na die ander wat dan nou sy lewe  was.
Hy beginne toe maar sy woorde formuleer wat hy dan vir ou Petrus by  die pearly gates gaan vertel. En hy bid kliphard. Dis toe die kwaai stem uit die  spook uit kom. “Vir wat moet julle twee donders so vroeg in die oggend staat en  raas?” “Kan julle nie sien die blerrie kar le pens en pooitjies op ‘n soutbos  nie? “ … Nouja. Toe hulle nou eers agterkom die kar beweeg lankal nie meer  vorentoe nie en in die sterker lig herken hulle toe vir antie Baps van  Hentiesbaai. Dis ook toe dat hulle rondkyk en sien hulle staan reg in  Hentiesbaai en nie in die woestyn nie.Anti e Baps is knor-knor daar weg. Groot  was die manne se verleendheid. Hulle het maar daar uitgeklim en die beachbuggy  van die soutbos afgetel en toe maar voor De Duine gaan parkeer om vir die bar te  wag om oop te maak. Want teen die tyd was die drank ook al op.
Iewers  in die oneinigheid van die Namib ry daar vannag definitief iemand rond of  kampeer sommer net uit daar. Om weg te kom van die dorp en sy mense. Of om  skelmpies te kom drink waar die vrou se beskulligende ogens nie die dop in jou  keel laat dwarsdraai nie. Oor hulle skyn die sterreprag van die Namib. Die wind  fluit oor die kruin van die naaste duine en sing die hartseer liedere van soveel  siele wat hier ontkom het van blootstelling en van dors. Hulle luister stil-stil  na hierdie lied en trek dan die glas brannewyn en coke skuldig nader em teug een  die pure lekkerte daarvan en voel hoe dit op hulle tonge bruis. En hulle sit  staar in die vlamme van die vuur. Gesels is oorbodig in die land wat God in  woede gemaak het. Buite die vuurkring is daar die ontsaglikheid van die  Namib.Ver weg tjank ‘n jakkals.
Antie  Baps is twee maande terug oorlede en is begrawe in Tsumeb by haar geliefde man  oor wie ek ook eendag sal skrywe. Rus sag liewe Baps en moenie dat ‘n dronkgat  op ‘n soutbos jy weer kom wakker raas nie. Ek verlang vir jou.
Puru-puru.