Runderpes sal waarskynlik binnekort, naas pokke, die enigste aansteeklike siekte wees wat oor die hele wêreld uitgewis is. Pokke is in Desember 1976, na ‘n stryd teen die siekte sedert 10 000 VC (!), als wêreldwyd totaal uitgewis verklaar. Runderpes het ook al duisende jare lank verwoesting onder beeste en bokke oor groot dele van die aarde gesaai (dis glad nie skadelik vir mense nie). Sedert 1994 is ‘n program geloods om dit wêreldwyd uit te wis, en dit lyk of die status binnekort bereik gaan word. Ek het my epidemiologie professor gevra oor runderpes, en sy eerste reaksie was half vraend, “Maar dit het dan nog glad nie hier voorgekom nie”. Ek wou by hom weet of daar enigsins vir sulke siektes (ook bek en klouseer) getoets word hier, vir ingeval dit ooit sou uitbreek. Hier word sulke siektes passief dopgehou, en eers iets gedoen as daar ‘n positiewe geval opduik. Dit hang natuurlik daarvan af dat die boer weet hoe die siekte lyk.
Een van die onlangste lande wat as runderpesvry bevestig is, is Somalië (Januarie 2007), nadat dit aan heelwat kriteria moes voldoen, o.a. ‘n effektiewe veeartseny diens … Nou, vir ‘n land sonder ‘n amptelike regering, waar chaos heers, wonder ek hoe hulle dit reg gekry het. Gesonde vee is dus duidelik belangriker as ‘n werkende regering.
Rinderpes was voor 1896 nie in suidelike Afrika bekend nie, maar ook daar het dit beeste en wild op groot skaal uitgewis. Dit het glo van die Midde-Ooste (Arabië) en Indië gekom, via die Nyl deur Italiaanse soldaate versprei, en so sy weg in die suide gevind. Een van die eerste swart veeartse in Suid-Afrika, dr. Jotello Festiri Soga, het gehelp, o.a. saam met die einste beroemde Robert Koch (van die Kochse postulate), rinderpes daar uit te roei. En een van die dae sal dit die geval wees in die hele wêreld – een van die vereistes vir ‘n land om vry te wees van rinderpes, is dat dit twee jaar lank na bevestiging nog vry van rinderpes moet wees, en vir Somalië is dit einde 2009.
Hier nog ‘n paar interessante skakels
Runderpes in Suid-Afrika:
Runderpes”status” in die wêreld
Oor Dr. Jotello Festiri Soga
Het vanoggend die artikel in Beeld gelees (moet amper klas toe gaan, die dat ek dit net inplak!)
Dié Kerstyd kan jy help om straathonde te voed deur ’n pragtige kalender te koop.
Dis nie net mense wat swaarkry in die swaar ekonomiese tye nie, maar ook troeteldiere. Die lewenskoste styg en al hoe meer mense gee honde prys of laat hulle aan hul lot oor, sê die organisasie African Tails, wat verwaarloosde straathonde in die Du Noon- en Joe Slovo- informele nedersettings in Kaapstad red, steriliseer en versorg.
Volgens Animal Anti-Cruelty in Suid-Afrika het die aantal honde wat in Kaapstad se noordelike voorstede van 2008 tot 2009 aan hul lot oorgelaat is met 30% toegeneem. “In moeilike tye kyk mense na hul geldsake om te sien waar hulle kan besnoei en troeteldiere is ongelukkig ’n maklike teiken,” sê Chester Ho, handelsmerkbestuurder van die hondekos Pedigree.
“Sommige kan dit net nie meer bekostig om hul diere te voer nie en ander moet na goedkoper verblyf trek wat nie troeteldier-vriendelik is nie.”
Yael Fialkov, woordvoerder vir African Tails, moedig mense aan om nie eenvoudig van hul honde ontslae te raak as hulle dit nie meer kan bekostig nie, maar die diere eerder na hul naaste dierereddingsorganisasie te neem.
Pedigree het onderneem om African Tails volgende jaar weer van hondekos te voorsien en borg ook die African Tails 2010-kalender. Opbrengste uit die verkoop van die kalender sal gebruik word om honde in Kaapstad te steriliseer.
Dié kalender met foto’s van honde wat gered is, is landwyd by takke van Exclusive Books, ander boekwinkels en sekere veeartse en troeteldierwinkels te koop.
Besoek www.africantails.co.za vir inligting oor die organisasie.
Nouja mense dit is dan my laaste storie vir hierdie jaar. Ek moet eers bietjie  vakansie hou so tot januarie. Dan sal ek weer begin stories aanstuur. Intussen  sal ek sal seker so dan en wan ‘n live update storietjie hier kom los soos ek  kans kry. Ek wens julle ‘n geseënde krismis en ‘n voorspoedige jaar toe van my  kant af.
Sias  was een van daai fris boerseuns wat jy in die Sandveld kry. Bang vir gin niemand  nie en so sterk soos ‘n trek os. Hy kon ‘n tollie van sy voete af lig. Of die  sort mense nog in Piketberg se kontrei gekry word, dit weet ek nie. Maar Sias  was een van daai reuse wat op sy pa se merino skaapvleis grootgebring is.
Soos  Sias groot geword het, het hy soos alle jongmans maar sy pelle om hom beginne  vergader en dan is hulle elke naweek saam plaas toe waar hulle dan geringking  het.  Sias was ‘n man wat skoon brandewyn  gedrink het soos wat ander mense bier sal drink. En dit het ‘n kas Brandewyn  gekos om hom dronk te sien. Sy pa, ou Basjan, het oud begin word en toe maar die  leisels in die falterende hande van die jeug oor gegee en Sias moes begin boer.  In die week het Sias dan soos ‘n slaaf gewerk maar hier teen Vrydag het hy  Piketberg toe gery waar hy dan die nodigheidtjies by Porterville Landbou  Koöperasie gaan koop het en dan sommer ook vir sy pelle in die bar gaan sit wag  het. Ledig was hy nie daar nie en het een glas na die ander vol brannewyn sit  suip.
Teen  die tyd wat sy pelle hom daar kry was hy toe ook al hoog in die takke en die  hotel eienaar radeloos,want waar sal hy nou brannewyn op die Vrydag middag gaan  kry om sy vooraad vir die naweek op te vul soos dit in Sias se keel afgaan. Nou  toe sy pelle kom, toe bonnel almal op die bakkie met die hotel einaar se laaste  krat brannewyn. By die huis aangekoM  loop sit speel hulle kaart om die kombuistafel  todat ou Basjan met sy kierrie in die deur kom staan en hulle streng  aankyk.
“Ek hê  jou mos nou al gevra om nie daar die euwel in my huis te bring nie”… “Ja pa”.  En so gaan die klompie aan en oom Basjan staan en bekyk die klomp met veragting  aan. “Moet net nie vergeet van die skaap wat jy vir ou Stefaans moet slag nie.  Hy kom haal dit more dou voordag.”…”Ja, pa” En so gaan dit aan en aan en  niemand dink aan die skaap nie.
Dit  was tienuur toe kan ou Basjan dit nie meer kon hou nie en moet gaan slaap. Maar  voor hy gaat slaap kom staan hy dan toe weer in die kombuisdeur en bekyk die  dronk spulletjie. “Sias hê jy al die skaap geslag?”… “Nee, pa” …. “Nou lig  jou dronkgat en loop slag die skaap” So het die ou omgedraai en in sy katel loop  klim en beginne balke saag.
Wat  verder gebeur het kan Sias nie onthou nie. Jy weet mos wat gebeur as jy te veel  suip. Jy loop by ‘n donker tonnel in. Jy stap aan maar jy weet nie waar jy is  nie. Jy weet nie wat jy doen nie en weet ook nie waneer dit gaan eindig nie. So  het Sias die volgende oggend dan in die helder sonlig wat by sy kamer venster in  skyn wakker geword met ‘n brandpyn en bloederigheid op altwee sy voorarms.  …”Seker weer een van my pelle gebliksem” dink hy. Hy het met een helse kopseer  orent gekom. Daardie dag het dit vir hom een uur gevat voor hy dan by die stoep  deur uitloop en uit ouder gewoonte vir sy boerboel, ou Boela, roep.
Maar  hierdie oggend was daar geen teken van ou Boela nie. Hy het begin aansuiker na  die slagkamer toe, toe ou Basjan aan gehink kom en vir hom seg. “Los maar die  skaap is klaar kom haal. Al wa jy kan doen is om jou te skaam vir jouselwers.”   Sias is met skaamte op sy gelaat daar na  die garage se kant toe. By die garage gekom staan die skaap langs sy bakkie en  herkou. Terwyl Sias die skaap verward staan en aankyk merk hy dan nou toe eers  die bytmerke op sy voorarms op. Dadelik kon hy sien dat ‘n groot hond hom gebyt  het.
Dis  toe dat die duiwel op sy skouer listig oorleun en met ‘n stroperige stemmetjie  in sy oor vra: “Sias, waar IS Boela vemôre?” Sias het na die laaste oomblikke  van ou Boela op sy voorarms gestaar en sommmer net daar in die garage in trane  uitgebars. Nou kan jy vir jouself indink. Toe sy pelle fort is, toe was Sias al  ver heen. So het hy vir Boela opgesteek op die skaap te gaan vang en nader te  sleep soos was hy altyd gedoen het. In die donkerte het Sias dan ewe dankbaar  vir Boela opgetel en vir die skaap dankie gesê soos wat ook sy  gewoontewas.
Ou  Boela was heel verras, want ‘n groot hond soos hy word nie sommer opgetel nie.  So hy het lekker in sy dronk basie se arms gelê en sommer net lief gewees vir  hom en hom gelek soos wat hy altyd gedoen het. Dis toe Sias in die slagkamer in  kom en die mes van die rak af haal dat Boela sien iets is nie reg nie. Hy het  beginne spartel maar wegkomkans was daar nie uit die reus se hande nie. In sy  laaste desperate oomblikke het hy sy basie van baie jare begin byt met alles wat  hy het. Maar Sias het behendig sy nek afgesny en ou Boela was daar nie meer  nie.
Sias  het vir Boela afgeslag in die waan dat dit ‘n skaap was en hom netjies aan die  haak opgehang om wind droog te word sodat ou Stefaans dit kon kom haal. Hy is  daar bed toe en het loop slaap en het die volgende middag eers wakker geword. Om  sy vermoedens te bevestig het hy in die drom loop kyk waar die afval vir die  volkies ingegooi word. Hier het hy die oudste gekry waar hy verbaas na Boela se  kop in die drom staan kyk.
Sias  het daarna nooit weer gedrink nie. Hy het vir hom reg geruk en vrou gevat en  getrou. Met stringe kinders en baie honde. Maar nooit weer het hy gedrink nie.  En nooit weer het hy geslag nie. Die oudste moes dit van daai dag af doen. Oom  Stefaans het by die koöperasie met sandvelder listigheid nie by ou Basjan gaan  kla nie, maar hier staan en skinner en gevra wat ou Basjan se skape dan eet lat  hulle so stink. Hy het die ding netso weg gegooi. Nooit weer het hy skaap by ou  Basjan of Sias gekoop nie. Ou Basjan het nooit gevra waar ou Boela dan is nie.  Maar van tyd tot tyd sou Sias aan entenstafel skielik opkyk en ou Basjan se  spottende ogens op hom vang. Hy het maar te goed geweet hoekom Sias skielik so  verander het en dit baie amusant gevind.
Soms  leer ons klein lessies uit die lewe uit. Maar soms moet ons harde lesse leer  sodat ons kan luister.
Soms  doen mense dinge wat hulle nie moes doen nie. Dinge wat hulle op die ingewing  van die oomblik doen en dan berou. Of nie berou nie. Soms doen  mense afgryslike dinge en verhard hulle harte  daarteen en so bêre hulle dit dan diep in hulle onderbewussyn weg. Dan eendag  val hierdie ding wat hulle gedoen het skielik weer uit die diep, donker kas van  hul gewetens om in die daglig te kom lê in al die euwel waarin dit gedoen  is.
Tante  Sarah het in Lutsville so teen die kant van die dorp gewoon. Nie te ver weg waar  Hannie hulle gewoon het nie. Tant Sarah het ‘n groot wyfie gemmerkat  gehad. Dit was een van daardie soort katte  wat so te sê permanent op hitte was met die hele dorp se mannetjie katte wat by  haar erf kom meeding het om die gunsies van díe wyfie. Soos dit nou maar met die  soort van kat is, was sy vrugbaar en het elke keer 12 kleintjies voortgebring  wat dan deur die dorp se mense een-een aangeneem is.
So het  Tant Sarah dan die een dag besluit tot hier en nie verder nie. Sy het die dag ‘n  onbesonne ding gedoen. Sy het al 12 die klein katjies in ‘n streepsak gegooi en  toe op die sak begin trap totdat die laaste droewige miaau geluidtjie stil  geraak het en bloed deur die sak se kante begin syfer het. Min het sy geweet dat  die Truter kinders haar met  afgryse  staan en betrag het. Wat haar dit laat doen het, sal net sy weet. Desperaatheid  is al waaraan ek kan dink. Of dit die laaste keer was wat sy dit gedoen het,  weet my moedertjie ook nie. Want sy het teen die einde die groepie broers en  susters sien staan en haastig met haar gru fonds in die sak verdwyn.
Tant  Sarah het oud geraak soos ons almal maar oud raak soos die jare sy gang gaan.  Tot die dag wat sy op haar sterfbed gelê het en ouma Alie moes gaan help het.  Ouma Alie het die aand asvaal van skok by die huis aangekom en vir haar familie  vertel wat in die kamer gebeur het. In haar laaste oomblikke op hierdie aarde  het die kas van haar gewete oopgemaak en die twaalf katjies het daar  uitgestrompel gekom op wankelrige beentjies. In haar laaste oomblikke het Tant  Sarah haar self stukkend gekrap en aanhoudend gesmeek dat hulle tog alleblief  die katjies van haar moet afhaal. Later het sy ophou krap en toe met groot oë na  die hoek van die kamer gestaar. ‘n Groot rustigheid het oor haar gelaat gekom en  sy het haar laaste asem uitgeblaas.
Dis  hier waar my verbeeldings vlugte oorneem. Dit is soos ek God en sy genade  ervaar.  In die hoek van die kamer het  die reus Gabriel gestaan en het gewag vir haar om die katjies te onthou. Daarna  het hy haar laat boet vir die een wandaad wat sy inhaar lewe gedoen het. Hy het  rustig met ‘n onpeilbare utdrukkig vir haar gewag om deur die ervaring te gaan.  Vir die katjies om oor haar te kruip. Hy het die obsolute hartseer, angs en  selfverwyt in haar oë gesien en hy homself aan haar laat verskyn en haar  ‘n knik van die kop en ‘n gerustellende  glimlag gegee.  Sodat sy kan weet dat die  Here jou alles sal vergewe.
Tante  Sarah het die groot waarheid van die lewe op haar sterfbed ontdek. En sy het met  berusting haar oë toegemaak en Gabriel het nader gestaan en met sy vlammende  swaart aan haar hart geraak. Daarna het hy haar met kragtige arms opgetel en  haar liggies na die hiernamaals gedra.
Soms  moet ons nie wag tot ons op ons sterfbed lê nie. Soms moet ons boete doen terwyl  ons kan. Maar soms gaan die Here in al sy genade vir ons ‘n kans gee om boete te  doen vir die sondes wat ons partykeer doen.
Ek het  een aand  by my vadertjie gesit en gesien  hoe hy  na die hoek van sy eie kamer sien  staar. Nie met afgryse nie. Net met absolute verwondering. Ek het sy blik  gevolg. Hy moes himself effen opbeur om na die hoek skuins agter hom te kyk. Ek  het hom nie gevra nie wie hy kyk nie. Die hoendervleis op my arms het my vertel  wie daar staan. En ek was stomgeslaan met die wonder wat in my vadertjie se oë  was. Gabriël het hom met ‘n gerustellende glimlag dopgehou. My vadertjie het in  vrede gesterf. Gabriel het sy uitgeteerde lang ou lyf opgetel en hom saggies  weggedra. Miskien het hy my vadertjie die Groot Rivier gaan wys. Niemand sal  ooit weet nie.
Toe  Hannes nog klein was, was hy maar skraal. Toe eendag toe beginne eet die  mannetjie meer as sy gewone kwota en so het dit aangegaan dat hy later al meer  en meer geëet het. So vertel my pa (Hannes is my neef, maar my pa se broer Jaap  was baie ouer as hy so Hannes was nie veel jonger as my pa nie) dan dat hy in  die oggend dou voor dag al vier skaapwagter snye brood met appelkoos jêm op  geëet het. Dan sal hy op die werf rondsuiker en so tien uur se kant dan kom kry  hy sy sit by die kombuis deur op die paraffin blik met ‘n steun wat dan beteken  hy is reg vir sy volgende paaiement van sy ontbyt. Dan het tannie Anna vir hom  twee duim dik snye brood met peanut butter aangedra met een helse enamel beker  vol tee wat jou ogens laat traan het van soetgeit.
As oom  Jaap vir tante Anna vra vir wat sy so baie suiker in die mannetjie se tee gooi  dan seg sy ewe vroom. “Outof the sweetness will cometh strength.” Wie kan dan  nou stry met ‘n sêding wat op byde ‘n stroop blik en in die groot Boek geskrywe  staan? Hannes het dan die dik snye brood met smaak sit eet. Eers druk hy dit in  die tee en dan sit kou hy behaaglik aan die pappery. Hy sal dan alles kafdraf en  die tee uit drink en dan die laaste dreksetjies op die werf uitskiet. So sal hy  dan met sy tormmeldik magie oor die werk sit uit tuur na die hoendertjies was  daar onder in die sand skrop. My pa sê wat hom elke keer laat lag het is die  oomblik wat hy dan opstaan. Hy sal so skuins na die kombuis deur draai en dan  vra: “Ma wanneer eet ons da’ vidag?”
So het  Hannes dan van rietskraal uitgesit na ‘n man met ‘n dik gedaante. Soos dit nou  maar daai dae was, het die Army hom opgeroep en die eerste drie maande in die  army het vir hom weer  sy ou self gemaak.  Ek onhou die dag toe hy met sy splinternuwe Toyota Corona op die werf kom intrek  met sy army browns aan. My pa het hom nie herken nie. Ek onthou om ook hoe ek al  om die kar geloop het en vir myself vertel het. “Eendag is eendag en dan ry ek  ook in so ‘n kar”
Tyd  het gekom en tyd het gegaan en ek was later in standard agt toe ek al by die kar  plekke begin boer het. Die kar verkoopmanne het my maar laat begaan, want hulle  kon my passie vir karre verstaan. Ek onthou maar te goed hoe die karverkoopsman  elke Vrydag ewe vriendelik kom groet en vra wat hy vandag vir my kan doen. Maar  dan het hy maar net geglimlag vir die passie in my ogens as ek so tussen die  karre deurdwaal.
So  steek ek dan die dag voor die poeierblou Toyota Corona vas. Dit was die twee  deur model en dit was liefde met die eerste oogopslag. Ek het daar langs die kar  sit en droom hoe ek die syfers en letters  op die tyres met my tipp-ex wit gaan verf.  Maar die kar was my nie beskore nie. My pa het eers vir my ‘n kar gekoop na my  matriek sertifikaat gekom het. ‘n Ou Passat.
Neef  Hannes lewe nie meer nie. Kanker van die ingewande het ook vir hom kom haal soos  meeste van die Louws. Elke oggend as ek die hek toemaak en in my Bantam bakkie  klim dan kom daar ‘n ligbruin Toyota Corona verby. Elke keer dan dink ek aan  oorle neef Hannes met sy regop kuifie wat in die windjie speel en dan onthou ek   my vergete passie vir sy kar.
Rus  sag Neef Hannes. Mag God jou seën.
As kind het ek elke dag jou geel kombi hier verby ons huis gesien ry. In die oggende oppad werk toe en en die aande terug huistoe. Waar jy gewerk het, het ek nooit gevra nie. Ek het net van jou gehoor. Die dag het ek en my vriend rustig op die stoep sit en gesels toe jy daar verbyry. My vriend het vir jou gewaai en jy het vriendelik geknip met ‘n aansteeklike glimlag.
Rudolph vertel my toe dat jy een van die miljoene Jode was wat in ‘n konsentrasie kamp gebly het en wat die dood en ander afgryses daagliks in die oë moes kyk. Jy wou nie baie daaroor praat nie. Die bietjie wat jy aan my vriend se pa vertel het was genoeg om die hare op my nek te laat rys.
Ek het jou daarna kort-kort in die dorp sien loop. Jy was maar ‘n ou oompie van wie die rug krom was van op ‘n bondeltjie slaap saam met duisende ander ‘n skuur toe jy maar ‘n jongman was. Die keer toe die Duitsers jou en negetien ander jong manne kom haal het en beveel het om julle eie grafte te grawe. Een van die jong manne het teë gestribbel en is summier met ‘n Luger deur die kop geskiet. Daarna is vir julle vertel dat julle kan kies. Wil julle onder die grond begrawe wees of wil julle in die woud bly lê waar roofdiere aan julle sou kom knaag.
Almal het gedweë begin grawe, want niemand wou in die woud op die grond by lê terwyl die Duitsers laggend weg geloop het nie. Julle het uiteindelik klaar gegrawe en elkeen moes voor sy eie graf gaan kniel. Die skop van die koël in die jong manne se voorkop het elkeen agteroor in sy eie graf laat val. Hierdie dag het ‘n engel van agter ‘n boom uitgekom en die duitser se loop met sy vinger toegehou, want die Luger wou opsluit nie skiet nie. Die Duitser het sy makker vevra om sy pistool te leen maar na ‘n kort gesprek was daar besluit dat jy die agtien grafte moes toegrawe en die eerste jongman in jou graf te sleep en hom ook te begrawe.
Jy het tot diep in die nag die grafte toegegrawe en by elke nuwe graf moes jy afkyk op een van jou vriende wat daar gele het met oop oë vol verbasing. Jy het huilend elke graf toegegrawe en vir elke man gebid. Daarna het jy daar bly sit tot hulle jou kom haal het en terug loop boender het tussen jou ander verhongerde makkers in. Twee dae daarna het die geallieerde magte daar aangekom en julle so gevind. Jy het een kyk in die eerste geskokte gesig van die vriendelike Amerikaner gegee en het bitterlik begin huil. Die emosielose huil van ‘n man wat duisende van sy nasie sien vermoor het. ‘n Man wat die dood soveel keer in die oë moes kyk dat dit vir hom later nie meer saak kon maak nie. ‘n Man wat so honger was dat die vriendelike soldate jou jou na die hospitaal tent geneem het waar die verlpleergsters met die sagte handjies op jou voorkop jou weer moes leer eet het. Soos toe jy ‘n baba was. Jou trane het bly vloei. Jy het nooit jou eie geluk geglo nie.
Ek het jou kort voor jou dood by die kafee sien uitkom. Jy het sukkenlend geloop soos alle oumensies maar loop. Skielik het jy vasgesteek aandagtig na die grond gestaar en toe gebuk om die broodkorsie op te tel wat een van die klonkies argeloos daar neergegooi het. Soos jou arm by jou ou baadtjie mou uitstrek na die brood korsie toe, sien ek met afgryse dat daar ‘n groot ry nommers op jou arm getattoeer was. Stadig het jy weer orent gekom en jy het die broodkorsie versigtig in jou baadtjie se sysak gesit en toe stadig huiswaars begin loop het. Jou gedagtes was baie ver. Miskien so ver as die kamp waar die samaritane jou kom kry het.
Hoe kon julle daardie nommer op die man se arm getattoeer het? Hoe KON julle? Watter soort mense was julle? Watter soort mens neem dit om al die ander onbeskryflike afgryses aan hierdie nasie pleeg?
Diep in elke Jood se hart het hulle die wêreld lankal reeds vergewe. Al is daar soveel anti semitisme in ons ou samelewing. In die Midde Ooste is daar weer magte aan die woel teen die mense van Israel. Wat sal van God se uitverkorenes word? Mag hulle as ‘n voorbeeld vir die ander nasies dien. Mag hulle ongekende geduld en hardwerkendheid posvat onder almal. Want eers dan sal die nasies van die wereld vrede kan ervaar.
Vir Blixer, die trotse Boere Jodin.
Moeder  Mary, soos almal haar geken het, was ‘n non op die sendingstasietjie langs die  rivier vir so lank as wat almal kan onthou. Die sendingstasie was daar selfs  voor ou Giel Louw sy opwagting kom maak het. Waar ou Moedertjie Mary vandaan kom  weet niemand nie, want niemand sou sommer vir ‘n non so iets gevra het nie.  Namakwalanders was nou maar eenmaal nie so nie. Die sending stasietjie was daar  om geloof onder die Namas te versprei en om die siekes te behandel met die  bietjie medisyne wat die Vatikaanstad vir hulle van tyd tot tyd gestuur  het.
Moedertjie Mary was een van daai mense met ‘n sagte ou hartjie en al wat  sy ooit op deeske ou aarde wou doen was om ander mense te help. So was sy dan  ook die liefling van die kontrei en het regtig geen vyande gehad nie. Die seun,  Herman was dan ook een van haar talle bewonderaars wat graag daar by die  sendingstasie ‘n draai gemaak het om te gaan gesels met moedertjie Mary. Met die  dat Moeder Mary sedert haar prille jeug by die betrokke stasie gewerk het, kon  sy Afrikaans vlot praat, want die mense in die kontrei kon nie ‘n woord Brits  praat nie.
Soos  ek reeds vertel het, was my vadertjie ‘n man wat baie lief was vir visvang.  Groot dele van sy jeug het hy langs die Groot Rivier spandeer met ‘n lyn in die  water . Hy het maar meestal rivierbabers gevang. Jy kan maar sê dat babers ‘n  stapelvoedsel was vir sy groot gesin. Dit is dan ook nou nie vreemd om vir klein  Herman díe dag langs die rivier walle aangestap te sien kom nie. Soos hy  aanstap, so slaan hy die gras en die biesies teen die hoë walle en hoop dat daar  dalk ‘n paddatjie kan uitspring daar wat hy dan as aas kan gebruik om ‘n barber  mee te vang.
So  staan die jong klein Herman versteen soos ‘n standbeeld terwyl die kobra liggies  heen en weer wieg soos ‘n riet in die ligte aandbries. Maar hierdie spel word  onderbreek deur klein Herman se benoude poep wat hy daaronder laat los en hy  tuimel agteroor en laat swaai die stok daar van onder af en slaan die slang  gelukkig net daar morsdood. Met daardie stok het hy nog jarre en jarre lank  visgevang. Soos ‘n seun nou maar is, benader hy die die dooie slang en sit en  bekyk dit  aandagtig terwyl hy die satyn  gladde vel streel.
Soos  enige Namakwalander mos nou is sit en wonder die klein Herman vir wie hy dan nou  kan skrikmaak met die dooie slang. Dis toe dat hy vir moeder Mary onthou en hy  is daar weg met die slang oor sy skouer met ‘n ondeuende glimlag op sy gesig. By  die Sending stasie opgedaag, het hy na die agterdeurtjie gegaan waar jy  gewoonlik klop as jy vir moedertjie Mary soek. Daar het hy die kobra netjies  opgerol net-net onder die trappie . So het hy dan aan die deur geklop en vinnig  weg gehol en agter die eerste boesmandoring booompie loop skuiling inneem om dan  die werk van sy hande te sit betrag.
Dis  ook nie lank nie of die welkome deur van die sendingstasie swaai oop en  Moedertjie Mary kom te voorskyn en kyk vraend rond nie. Sy kyk die kant toe en  sy kyk daai kant toe met die vraende uitdrukking van ‘n mens wat ‘n klop gehoor  het en oop maak net om niemand te sien nie. Dis toe dan die oerinstink wat alle  mense beskerm  haar onwillekeurig laat  afkyk net om die slang onder die deurtrap te sien lê. Wat haar besiel het om oor  die slang te spring sal niemand ooit kon sê nie, maar sy spring met een helse  sprong soos ‘n bronstike boerbok reg oor die slang en hol so ‘n entjie in die  stasie se jaart af en daar loop steek sy vas en staan en betrag die slang  angstig. Soos sy staar so loop sy onwetend treetjie vir treetjie agteruit en so  trap sy dan toe op die bloekom takkie wat van die reuse ou boom afgeval het. Die  takkie slaan op soos ‘n hark waarop jy trap en gee haar ‘n geniepsige piets teen  die agter been wat sy selfs deur haar non gewaad kon voel.
Dis  toe dat Moedertjie Mary haar eerste woorde uiter en dit die woorde wat my  vadertjie laat lag het het dat jy nie altyd lekker kon hoor wat hy sê nie.  Woorde wat nie eintlik vir ‘n laaitie se ore  bedoel wat vir wie jy die storie vertel het nie. Sy oë sou sommer so heel in die  lagplooitjies verdwyn, wat jou skerp herhinner aan ‘n chinees. Die lekkerlag van  Lang Herman saam met wie jy net kon lag al kon jy die woorde nie verstaan nie.  Vandag sit ek hier en onthou die presiese woorde en kan net lekker sit en  saamgiggel. Ek hoop net nie my oë raak ook weg tussen die plooitjies nie. Dit is  nie die woorde wat jy uit ‘n non se mond kon verwag het nie.
Toe  die tak haar agter die been piets toe spring sy vorentoe soos ‘n springbok ram  wat pronk en skrou: “Jou kontlekkerstasie se dik trul!”
Ek is  doodseker dit was haar eerste en enigste sonde op hierdie aarde. En ek sit en  wonder nou so by myselwers of my vadertjie nie skuldig gevoel het oor die  petalje nie. Hy vertel my hy het aan’t lag gegaan agter die bos en sy kon nie  anders as om hom te gewaar nie. Dit was eers toe die ergste skok verby was en jy  haarself onder bedwang kon kry wat sy toe maar my vadertjie ewe vriendelik  gegroet het asof niks gebeur het nie.
Of die  ou nonnetjie daar begrawe lê waar dieselfde rivier nog altyd elke dag verbyloop,  weet ek nie. Meeste mense wat in daardie era daar gewoon het lewe nie meer nie.  Die een ding wat met my vadertjie gebeur het wat hom so laat lag dat hy nie asem  kon kry nie en wat met Moedertjie Mary gebeur het wat haar eers van haar asem  berowe het en toe weer die asem terug gebring het saam met die woorde wat sy by  die dronkies gehoor het, is iets wat in die vergetelheid so verlore sou gaan. En  die keuse was by my of ek dit met die nasate moet deel of maar eerder in die  vergetelheid moes laat gaan.
Dieselfde klein duiweltjie wat op my pa se skouer gesê het hy moet die  slang op Moedertjie Mary se deur trap loop sit, het vanmore hier by my kom sit  en vir my vertel dat dit een storie is wat mens tog nie verlore moet laat gaan  nie en wat jy met jou nageslag moet deel. Tog sal meese mense moedertjie Mary se  sagtheid en geloof onthou en haar lewenslange diens aan God. Wees gerus, ou  moedertjie. Ons lag nie vir jou nie. Ons lag saam met jou. Rus sag Moedertjie  Mary, en rus sag Lang Herman. Mag God julle ryklik seën.
Ek sit  vandag hier met verlange na jou. Dit was so traumaties om jou aan die dood af te  staan. Elke keer as ek raad wil vra en jou gaan soek  dan is jy nie meer in jou rooi stoel met jou  Sudoku boek besig nie. Jy sit ook nie voor die TV en saam box met die twee manne  in die kryt nie. Jy is nie meer daar om vir my te vra watter soort vis die man  op die program nounet uitgetrek het nie. Elke keer kom ek verslae agter dat jy  nie meer hier is nie. Al jou geliefde sitplekkies waar ek jou altyd moes gaan  soek het is leeg.
Jy sal  nooit weet wat jy vir my in die lewe beteken het nie. Watter groot rots jy vir  my was nie. Jy sal nie die afgryse besef wat ek gevoel het toe ek langs jou graf  gestaan het en hulle jou laat sak het nie. Jy sal nie weet hoe graag ek saam met  my moedertjie wou huil nie. Ek het jou nooit sien huil nie. Net af en toe het  jou oë getraan wanneer jy hartlik gelag het met jou kop agteroor.
Ek onthou  maar te goed hoe jy diep in die nag by my kom sit het as asma sy wrede greep om  my keel gehad het. Hoe jou gerustellende stem die angs in my bedaar het en jou  oe rustig in myne terwyl jy my borsie ingevryf het met Vicks terwyl jy vir my  die wonderlikste stories vertel het wat enige seun ooit kon begeer om te hoor.  Hoe jy my die land van jou geboorte beskrywe het todat dit later ook my wereld  begin raak het. Hoe ek saam met jou deur die sand geloop het op soek na bokkie  spore en hoe ek saam met jou gefrons het as ou Giel Truter hier kort agter ons  so loop sand skep met sy !nartoot* voete wat soos grawe lyk, dat die bokke hom  wie-weet-waar kon hoor aankom.
Ek onthou  hoe jy in die namiddae by my kom sit het en met jou rustige stem vir my die  formules van wiskunde geleer het. Jy het dit vir my so maklik gemaak. Die raad  wat jy altyd gereed gehad het as ek jou dit gaan vra het. Hoe jy my met groot  geduld deur my rebelse tienerjare verdra het al was ek partykeer so moedswillig  en beterweterig. Jy het my altyd Mr. H genoem as ek my so slim hou.
Ek wonder  party dae hoeveel van jou grys hare ek jou besorg het met my wilde partytjies op  kuier plekke tot in die vroeë ure van die oggend. Ek wonder vir hoeveel van jou  plooie moet ek verantwoordelikheid aanvaar. My hart krimp in my bors as ek dink  hoeveel keer ek jou dinge toegesnou het in oomblikke van woede. Ek onthou die  seer in jou oë. Tog. Ek weet ook dat jy my byna oombliklik vergewe het. Dis een  van die groot eienskappe van jou wat ek so bewonder het. Jou vrywilligheid om so  maklik te vergewe..
Jou  absolute nederigheid, jou pynlike eerlikheid, Jou mededeelsaamheid en jou  vriendelike natuur. Ek wil so graag in jou voetspore volg. Ek wil so graag die  man wees wat jy as voorbeeld vir my was. En ek werk baie hard  daaraan.
Vandag is  jou  tweed verjaarsdag in die Hemel. Die  dag wat jy altyd weg gelag het. Hoe jy maar altyd skaam-skaam sit en TV kyk het  as jou kinders op hierdie dag vir jou kom kuier het. Dat jy glad nie eers jou  geskenke oogemaak het nie. Behalwe die aand voor jy gaan slaap het. Dan het jy  rustig op jy bed se kant gesit en dan sekerlik met ‘n skaam glimlaggie jou  presente bewonder. Jy wat altyd so tevrede was met so min in die lewe. Jy wat  nooit geklae het nie. Nie eers een keer nie. Selfs nie toe die kanker jou  ingewandes begin eet het nie.
Hoeveel  keer het ek jou bleek sien opstaan en dan het jy agter die huis langs die  appelboom teen die muur gaan leun het todat die pyn bedaar het. Jy weet seker  nie hoe jou seun jou gevolg het en jou op ‘n afstand staan en dophou het met die  selfde pyn wat deur sy hart geskeur het vir jou lyding nie. Tog, tot op die  laaste dag het jy jou lyding vir almal om jou weg gesteek. Jy het jou laaste  vier dae in die hospitaal deurgebring met morfien in jou are en op ‘n plek waar  geen pyne of jou gesin jou meer kon bereik nie. Toe het jy stil-stil ophou  asemhaal terwyl jou twee dogter gesels het langs jou bed. Hoe warm was jou  geplooide ou voorkop selfs na jou dood nie.
Weet  net  dat jy my as ‘n nuwe man agtergelaat  het. Een wat nie weer sal kan huil nie. Een wat besef het dat alles wat jy hom  geleer het so waar is. Dat ordentlikheid gratis is en jou niks kos nie. Ek  probeer soos jy wees en ek weet ek sal suksesvol wees. Ek bedank jou vir wat jy  vir my was. Ek bring hulde aan jou deur soos jy te wees. Ek belowe plegtig om  mooi na jou vroutjie en my moedertjie te kyk met die selfde toegewyding as jy.  Want jy het my van liefde geleer. Jy het my geleer om nie jou liefde op te sê  vir enigeiets nie.
Rus sag,  Herman Louw. Gelukkige Verjaardag waar jy in die hemel is.
Duifie  het ‘n nes in een van die Karee bome gemaak wat al teen die walle van die  Oranjerivier groei. Hier het sy vir haar ‘n stewige nessie met droë stokkies  gebou wat die rivier maar elke jaar afbring in die reënseisoen. In die nes het  sy vier eiers gelê en een more vroeg het ieder en elk van hulle uitgebroei en  die kuikens het sukkel-sukkel hulself van binne af uitgepik. So sy het van vroeg  af heen en weer gevlieg om  kos vir die  hongerbekkies te bring. Alles was mooi en rustig… Tot ‘n die jackals sy  verskeining maak….
Jakkals het uit die sandvlaktes aangedraf gekom om uit die rivier te kom  drink en dadelik het sy skerp neus die reuk van kuikens geruik. Hy was asvaal  van die hongerte, want daar is nie juis ‘n oorvloed van prooi in die sandvlaktes  van Namakwaland nie. So het hy onder die boom stelling kom in neem en toe  versigting in die take sit en opkyk. Hy sien toe vir Duifie raak op haar nes en  so begin sy dreigemente dan.
“Duifie as jy nie vandag een van jou kuikens vir my afgooi nie, dan klim  ek in hierdie boom op en dan kom vreet ek vir jou nes, kuikens , derms en al  op!” Na ‘n halfuur van dreig is duifie darem nou toe ook al baie op haar  senuwees en sy kan ook nie meer reguit dink nie. Dis toedat sy haar laaste moed  bymekaarskraap en die kleinste kuiken uit die nes uit stamp reg in Jakkals se  groot oop wagtende bek. Jakkals het die kuiken met smaak geëet en is  skuins-skuins daar weg en Duifie het gehoop dis die laaste sien van  hom.
Diep  binne in het sy geweet hy gaan nie rus voor hy nie al die kuikens geëets het  nie. Skielik het haar gekoer ‘n hartseer noot ingekry wat nooit daar was nie,  met die dat sy haar verlore kuikens betreur het. Sy het so getreur tot die  volgende dag toe Jakkals weer onder die boom kom staan met die harde woorde wat  so in haar skrein: “Duifie as jy nie vandag een van jou kuikens vir my afgooi  nie, dan klim ek in hierdie boom op en dan kom vreet ek vir jou nes, kuikens ,  derms en al op!” Al wat sy kon doen was om haar twede laaste kuiken vir hom uit  te stap in sy groot oop bek in. Daarna was daar vir haar geen troos meer nie. Sy  het met haar laaste kuiken styf teen haar gesit en geweeklaag in haar nuwe  hartseer koer.
In die Karee bome teen die  rivier het ook Bloubal apies gewoon. Hulle het maar so heen en weer van boom tot  boom getrek en nie juis lank in een boom gebly nie. Terwyl die Bloubal apie dan  so deur die take swaai hoor hy die vreemde gekoer wat hy in sy lewe nog nie  gehoor het nie. Met nadere ondersoek sien hy dan vir Duifie op haar nes in die  boom. Bloubal aap loop sit dan nou so skuins agter Duifie en sit en kyk stip in  die rigting van die sandvlaktes  terwyl  hy haar hartseer respekteer. Duifiehet lank sit huil voor sy hom daar opgemark  het. Soos enige Namakwalander sou Bloubalaap haar nie sommer uitvrae wat aangaan  nie, maar rusitg vir haar wag om self in haar eie woorde te  vertel.
So kom  die storie dan nou toe uit hoe Jakkals elke aand een van haar kuikens kom vra en  hoe hy dreig om in die boom op te klim en almal op te eet. Bloubalaap gee haar  een kyk en leun terug en skree soos hy lag dat jy sy tonsels kan sien. Duifie  laat nie op haar wag nie en verger haar soos enige Namakwalandse nooitjie sal  doen. Sy vra: “Vir wat sit lag jy as die Jakkals my kuikens so eet?” Bloubalaap  sit so tussen die lagbuie en seg vir haar. As Jakkals kon boomklim, dan sal hy  jou mos nie nie gedreig het nie. Hy sou jou en al jou kuikens kom eet het. Waar  het jy nou al ‘n Jakkals sien boomklim?” Met die swaai hy weg na die volgende  boom toe en soos hy verder weg beweeg so raak sy lagbuie dan ook flouer en  flouer tot jy net die groot Rivier kon hoor vloei.
Duifie  was baie kwaad. Sy was kwaad vir Jakkals. Sy was kwaad vir Bloubalaap. En sy was  kwaad vir haarself omdat sy nie gedink het voor sy gedoen het nie. Teen die aand  se kant toe Jakkals weer kom stelling in neem onder die boom, toe is Duifie al  goed onkantig. En geduldig sit wag sy vir Jakkals om weer te beginne. En Jakkals  laat wag haar nie baie lank nie: “Duifie as jy nie vandag een van jou kuikens  vir my afgooi nie, dan klim ek in hierdie boom op en dan kom vreet ek vir jou  nes, kuikens , derms en al op!” Dis toe dat duifie vir hom seg: “Nou maar maak  oop jou bek” Jakkals was heel verbaas met die dat hy vanaand nie hoef te sukkel  nie en hy maak sy bek groot oop. Duifie skuif haar agter ent oor die nes se rand  en laat los toe een van haar beste stoelgange saam met al haar opgekropte  frustrasies van die afgelope drie dae. Netjies in Jakkals se bek in.
Jakkals spring daar om en spoeg  en seg: “Phoei! Dit smaak ‘n bietjie sout en  brak!” Duifie skree toe vir hom uit die boonste takke. “Noutoe daar het jy dit  nou. Kom klim nou in die boom op en kyk of jy my kuiken kan eet” Jakkals het  maar so bek af na Duifie staan en kyk en brom-brom omgedraai en daar weg gedraf.  Al wat jy kon hoor was: ”En wie het vir jou so slim geleer?”
Jy sal  vandag nog Jakkals se spore in die sandvlaktes van die eensame Namakwaland sien  lê. As jy gelukkig is sal jy vir Jakkals op ‘n afstand sien draf. So skuin-  skuins as wat sy gewoonte nou maar is. Hy sal nie weer gevoer word uit die  boomtakke nie. Hy moet maar rondsoek vir sy eie vleiskossie.By die rivier sal jy  vir Duifie hoor koer. Maar na al hierdie jare is haar koer nog altyd so  hartseer. Want sy ween nog steeds oor haar drie kuikens.
Gister  staan ek in die tou by Checkers en wag dat die till operateur die ou tannie voor  my klaar help. Die ou tante was maar baie bewerig en het kort-kort met askies-dat-ek-lewe ogies omgekyk en dan  verskonend en bang vir my geglimlag. Elke keer het ek haar maar my gerustellende  glimlag gegee om haar te verseker dat ek baie tyd haad en nie haastig was nie.  Terwyl die tante dan met ‘n bewerige ou vingertjie in haar verslete beursie grou  vir kleingeld, val my oog op die lekkers in die rakke wat jy by elke till sal  kry.
Die  rakke wat vir jou vra of jy onthou het om skeermeslemme of bulbs vir jou huis te  koop. Of Lunchbars… Nou kyk, ek het vir jarre der jarre geen Lunchbars geëet  nie en skielik was elk lus om my tanne weer in een in te slaan en net daar laai  ek dit toe in die mandjie. Net die soveelste slagoffer van die last minute “Het jy onthou rak” langs  die till.
Die  tantetjie draai vir oulaas om en gee my ‘n laaste glimlaggie met die laaste  bietjie vrees wat uit haar dowwe ou ogies sypel en dan stap sy weg op die  kenmerkende skuifelstappie van die oues van dae. Ek pak my goedtjies maar so op  die till en betaal en stap uit na my bakkie toe. Agter die stuurwiel onthou ek  die Lunchbar en net daar skeur ek die omhulsel af en vat my eerste hap sedert ek  maar ‘n klein mannetjie was.
Dan  skrik ek tot die hede toe en sien hoe die jong Ovambo met ‘n vriendelike glimlag  en die geduld van Afrika vir my staan en wag om hom sy dollar te gee vir die  tydjie wat hy my Fordtjie opgepas het. Soos ek huistoe ry, so bly dink ek aan  die BP Garage op Leipoldtville en aan Oom Jan Vetkop wat die Garage se eienaar  was. En dan dink ek aan die storie wat my vadertjie vir my vertel het en ek lag  kliphard waar ek by die robot sit wag dat die lig groen moet slaan.
Oom  Jan Vetkop was ‘n man wat lief was vir sy werk. ‘n Man wat lief was vir karre.  As ‘n kar vol krankemente beginne raak het, dan het jy hom vir oom Jan Vetkop  gebring en dan het het die oom die kar se engine met groot hande vertroetel soos  wat net ‘n minnaar sy meisie sal streel. En elke keer sou oom Jan Vetkop oorleun  en met die ore van ‘n Casanova na die motor se stem luister en sy sou met ‘n  hees stem vir hom in sy oor fluister presies wat fout was met haar.
Nou  oom Jan Vetkop se seun, Dirk Vetkop (wat toe ook die jaar klaar met skool gemaak  het), het  vir sy pa kom appie by sy  garage. Soos dit nou maar met ‘n jongman is wat in die familiêre omgewing van sy  pa se eie garage ‘n appie is, so het dit dan nou gebeur dat die beterweterige  jong Dirk vinnig van leerling tot leermeester gehop het.  Tot die troetel irritasie van oom Jan. So was  dit dan as oom Jan seg ‘n kar is blou dan sal die klein dôner kom met n lang  redenasie van hoekom die kar nie blou is nie maar cobalt. Menige keer het oom  Dirk die mannetjie staat en aangluur, maar vader liefde het maar elke keer  gekeer dat hy hom nie met ‘n Vaaljapie se fanbelt gewurg het nie.
So kom  die dag dat ou Bosduif van Leipoldltville sy Chev Impala daar kom intrek en  teensinnig aan’t gesels raak met klein Dirk wat ewe vernaam naderstaan. Bosduif  se ogens het vir room Jan gesoek maar oom Jan was op die stadium agter die  garage besig om water af te slaan langs die oliedromme. Bosduif het maar die  Chev laat idle sodat die vername  klein Dirk kan luister wat aangaan, want die kar het ‘n mis op haar aaidel  gehad. Klein Dirk is nie links nie en vertel sommer so ewe vernaam vir ou  Bosduif lat die taaimieng uit is. Met wantroue het Bosduif die knaap staan en  aangluur, maar nie kommentaar gelewer nie, want die mannetjie se vermoëns om  debat te voer was formindabel en Bosduif was nie lus om in ‘n gestryery betrokke  te raak nie.
Dis  ook dan dat oom Jan, wat agter die Garage sy ding klaar gedoen het en met ‘n wip  in die knieë sy tool weer bêre en die boilersuit se zip netjies weer toerits,  toe al klaar weet wat fout is met die Chev, want haar hees stem wat sy ore tot  agter die garage bereik en het sy vir hom met ‘n lispel vertel dat haar  calburettor vuiligheid ingehad het en dat dit is wat haar so laat mis het. Soos  hy dan om die hoek kom en ou Bosduif se hand kom skud  en verneem hoe dit met die familie gaan, het  hy reeds geweet wat om te doen. So het hulle koeitjies en kallers gesels en toe  uitendelik by die Impala uitgekom. Oom Jan het altwee sy hande oudergewoonte  liefdereik op die die fender gerus en met bewondering na die agt silinder engine  staan en staar.
Hy seg  toeso uit die hoek van my mond vir Dirk wat staan en tanne tel, lat hy die  calburettor moet afhaal en tog moet skoonmaak. Net daar ruk die klein haan vir  hom op en seg verontwaardig, “Maar pa, Dis die Taaimieng!” Oom Jan het gevoel  hoe hy weer warm onder die kraag raak en seg vir hom met sy afgemete stem: “Eks  seg vir jou dis die kaabegheitir!”( Ek weet nie hoe om die mooi manier waarop  die mense in hierdie kontrei hulle r brei te skryf nie. Ek weet net dit klink  vir my na een van die mooiste dialekte in Afrikaans en ek kon toe ek nog gehoor  het, vir ure lank met pure genot na die mense van die Sandveld geluister het.  Eendag is eendag dan trou ek met ‘n meisie wat brei al is ek stokdoof!)… “Nôsens  pa, dis die taaimieg pa kan mos hoogh”! En so staan en beduie die klein bokker  en slaan die ysterpen wat die bonnet ophou uit sy nok uit. Dié val, soos die  duiwel dit wil hê, netjies terug in die bracket in wat hom vashou. Die bonnet  sonder sy stut val terug waar dit hoort en slaan al oom Jan se vingers in die  proses vas waar dit op die fender rus en die bonnet latch sluit netjies toe soos  net ‘n Chev s’n sal doen.
En  daar staan oom Jan met sy vingers vasgevang onner die bonnet, sy seun wat in  afgryse staan en staar en die geskokte Bosduif. Almal versteen in die oomblik  soos die soutpilare van Lot se vrou. Oom Dirk staan en kyk met ‘n stupid  uitdrukking op sy gesig na sy vingers onder die bonnet. Eers raak hy spierwit  van die skok en toe raak hy bloedrooi van pure bedônnerdheid. En hy skrou daar  in die verstarde gesig van Chris in: “BGHING DAAR DIE DÔNNERSE TAAIERLEVER!!!!  Dis dié woorde wat toe tot  ou Bosduif  deurdring en hom  uit sy skok laat ruk  sodat hy inbuk en toe die bonnet latch losmaak voordat die klein Dirk met ‘n  taaier lever aan sy paint kan kom neuk.
Of oom  Jan Vetkop nog lewe en nog op Leipolldtville, bly weet ek nie. Hy was een van  daardie mense wat met ewe gemak karre kon regmaak en met aartappels kon boer.  Niks het vir sy hande verkeerd gestaan nie. Solank hulle net nie weer onder ‘n  bonnet vasgevang was nie. Wat van Dirk vetkop geraak het weet  ek ook nie. Ek weet net dat as hy daardie dag  nie iets uit die petalje geleer het nie, dan het ek iets daaruit geleer.  En ek het dit onthou, want ek weet my  vadertjie Herman het die storie vir my vertel met een van daai verskuilde  boodskappe wat hy altyd vir my aangegee het met die stories wat hy is die aande  vir my kom vertel het. Luister vir jou pa. Al dink jy nou jys reg.
Ek lees nou ‘n rare storie in die koerant (BBC) van ‘n man in Swede wat laasjaar van die moord op sy vrou aangekla is, en intussen vrygespreek is. Die vrou het met hulle hond gaan stap in die woud, en nie weer huistoe gekom nie. Haar man het toe vir haar gaan soek, en is gearresteer as moordverdagte. In die tussentyd het die polisie deur forensiese analises spore van rendierhare (een van die grootste spesies) en spoeg op haar liggaam gevind – en het tot die gevolgtrekking gekom dat sy waarskynlik deur ‘n aggressiewe rendier aangeval is, en so omgekom het. Normaal gesien is hulle baie skugter diere, maar net soos by mense, raak hulle parmantig na ‘n paar “drankies” – in die geval vrottende (fermenterende) appels in mense se tuine! Dit laat my dink aan Amarula, alhoewel ek dag die bobbejane en olifante raak eerder vrolik as aggressief… Nou ja, ek neem aan dit hang af hoeveel vrot appels of maroelas jy geëet het, ne?
Oom  Papjan en sy vrou Martha het op Graafwater gebly. Hoekom sy naam Papjan was, dit  weet ek nie, want oom Papjan moes geseënd gewees het met ‘n goeie stamina en  tant Martha met  ryk vrugbaarheid om elke  10 maande ‘n ou nuwe kleintjie die wêreld in te kon bring. Dit was die dae van  die depressie en die armblanke. Meeste mense wat op Graafwater gebly het, het as  arbeiders vir die spoorweë gewerk. Hulle het dan in spoorweghuisies gebly  waarvan die buitemure van sink was, maar netjies witgeverf was. Die venster  banke was maar laag en al wat leef en beef kon in jou pot kyk wat vandag op die  tafel bedien gaan word.
So was  tannie Martha dan nou bekend vir haar vlytigheid in die tuin en groente het soos  onkruid onder haar hande floreer. Sy was veral bekend vir haar boontjies en daar  was min mense wat ‘n pot boontjiesop soos tant Martha kon maak. Sy het die  uitgebriede kroos dan so op boontjiesop groot gemaak omdat daar nie altyd vleis  op tafel kon wees nie. Die dag dat sy dan boontjiesop kook kon jy dit ver ruik  en dan het ieder en elk verby die venster kom loop en met afguns na die pot  pruttende boontjiesop gekyk.
Op  Graafwater se plaas skooltjie kon jy dan die volgende dag die Gusteyns se kroos  kort-kort sien oorkantel op die een boudtjie en dan ‘n vrugtige tromboon klank  laat los wat groot respek aan tante Martha se bootjiesop verleen het. So was die  lug in die klas dan teen speeltyd goed gegis met tante Martha se suikerboontjie  deur haar aansienlike kroos kinders in die klas.
Daar  was kinders wat nie daarmee geneë was nie. So was die Truters van Graafwater dan  die wat met die meeste kleinboertjie listigheid geseënd was en menigmaal moes ‘n  klein Gusteyn vlug voor hierdie klein boelies uit. Hannie Truter en haar broers  en susters  kon groot kattekwaad aanrig.  Almal het geskinner hoe onbruikbaar die kinners kan wees. So het Hannie en die  Truter kroos dan weer voor tant Martha se kombuis venster geloop en met  nydigheid op die groot pot boontjiesop afgekyk en dis toe dat die idee die  stoute klein Hannie soos ‘n donderslag tref.
Die ou  bruin skoen lê mos al lank op die hoek van die Gusteyne se huis waar iemand dit  weg gegooi het en niemand het ooit twee keer daarna gekyk nie. Tot die dag dat  klein Hannie die sop sien en toe die plan kry. Sy het net daar beraadslaag met  die boeties en sussies en die plan het groot byval met almal gevind. Sy sit toe  daar om en loop haal die skoen. Sy klop die ergste sand van die skoen af en leun  oor en gooi dan die skoen sonder omhaal in die groot pot sop in. En hulle vlie  daar weg.
Soos  dit met enige kwaaddoenners is moet hulle mos iewers naby gaan wegkruip en dan  die vrug van hulle poets geniet. Díe pot sop het die betrokke dag nog vir ‘n  halfuur staan en kook. Vir Hannie en haar broers en susters was die groot grap  hoe die pot sop staan en kook en dat die skoen kort -kort bokant uitloer en dan  weer afduik soos ‘n rob in die see. Kort daarna kom tante Matrha die kombuis en  en gee ‘n kyk in die pot juis op die oomblik lat die skoen weer bo kom uitloer  vir asem. Tante Martha het amper op haar rug geval van skrik. Syt het die besem  innie hoek loop haal en versigtig nader gestaan en die sop dop gehou.
Wat sy  gedink het dit was toe sy die eerste keer die skoen in die sop sien, dit sal  niemand ooit weet nie, maar nalat sy die skoen weer sien opkom en dit toe herken  vir wat dit eintlik was toe laat gaan sy haar woorde. Tante Martha was ook  bekend as ‘n hoeterbek en jy kon haar oorkant die dorp hoor skel daai dag. Wat  sy gesê het, kan nie hier herhaal word nie. Die skoen het kort daarna die  venster uit gevlieg en weer in die straat sy lê loop kry. Tante Martha het met  ‘n laaste woedende kyk die venster uitgekyk en toe omgedraai en nog ‘n bietjie  sout in die sop gegooi.
Later  die aand toe Hannie en haar bende die kombuis venster verby loop sien hulle die  hele Gusteyns in die kombuis rondsit. Hulle krummel tante Martha se lekker  boerbrood en gooi dit dan in die sop. Dan roer hulle dit goed in die sop in  todat dit soos kluitjies lyk en dan eet hulle die sop met behaaglikheid. Hannie  het met een laaste verlangende kyk omgedraai en terug huistoe geloop. Oom Papjan  en tante Martha lewe nie meer nie. Hulle is in Graafwater se begrafpalsie  begrawe.
Hannie  is vandag ‘n ou vroutjie met spierwit grys hare. Die stoutigheid wat sy in haar  jeug gehad het, het haar enigste seun geërf en haar baie hoofbrekens besorg. Tog  klae sy nie oor my stoutighede nie. Sy is juis besig om ‘n pot suikerboontjie  sop te kook. En sy kook dit net so lekker soos wat tante Martha dit kon doen.  Maar sonder die skoen. Ek sal weet, want tannie Hannie is my moedertjie en ek  het nounet in die pot geloer so oppad na my komper toe. As daar ‘n skoen was dan  het dit nie die keer gewys nie.
(Die foto is van my ma en haar  broers en susters. Sys die oudste een wat agterstaan)
Ek wou eers ‘n hele storie hiervan maak – maar toe ek dit weer lees, besef ek die hele gesprek is eintlik snaaks net soos dit is. So hier is ‘n gesprekkie inni Kroeg – net hier en daar ge-edit om die sensitiewe siele te spaar …
Chopper: Moet net by Pick n Pay ‘n Axxess voucher gaan koop. ! Gig vir R70, verval ook nie aan einde van maand nie, dink dis paar maande, of jaar om op te gebruik
Chopper: 1 Gig
Twattie: net R70?!
Chopper: Ja
Chopper: R69 eintlik
Chopper: Jy se net vir die dame by die till van Pick n Pay. I want da 1 Gig from da Axxess
Dellie: lol
Twattie: haibo!
Twattie: dis mos nou ayoba!
Twattie: LOL
Chopper: Dan se sy oooo. Da 1 Gig. Yoo!” en slaan die till
Twattie: lol
Chopper: Dan betaal jy.
Chopper: En die till se printer druk jou voucher.
Twattie: seerijas?!
Chopper: Dan onthou jy dat jy dors is.
Twattie: dan maak jy met die voucher wat?
Chopper: En vra vir ‘n Coke
Chopper: Dan klik sy haar tong, lig haar vet ass stadig en gaan haal die Coke
Chopper: Die mense agter jou wat sigarette wil koop, raak moerig
Twattie: en gee jou die evil eye
Chopper: Dan soek jy nie meer ‘n Coke nie, maar ‘n Fanta
Chopper: Dan beweeg sy haar dik gat weer yskas toe en ruil dit om
Chopper: Dan kos dit R3-50 vir die Fanta
Chopper: Maar jou cash is op
Chopper: So jy betaal met jou debietkaart
Twattie: *giggel*
Chopper: Dan tik jy per ongeluk jou PIN verkeerd in, en na ‘n ewigheid spoeg die mashien die reject strokie uit
Chopper: Dan plak sy haar dik gat op die stoel neer en swipe weer jou kaart
Chopper: Jy tik jou PIN reg in
Chopper: Dit reject weer want daar was net R71-50 in jou rekening
Chopper: Die voucher het jou geld opgebruik
Twattie: *giggel nog harder*
Chopper: Die ry agter jou is al moer lank. Iemand sê fuck of so iets
Chopper: Jy wil ‘n paar toffies koop, vir R1-50
Dellie: whahahahahahahahahahaaa
Twattie: wilson toffies?
Chopper: Die dame staan op, rol haar oë en mompel iets onverstaanbaars
Dellie: rofl
Chopper: Sy bring toffies vir R1-50
Chopper: Jy betaal met jou debietkaart
Dellie: wattie meer geld inhet nie
Twattie: een v hulle se papierkie is geskeur
Chopper: Die transaksie reject, want die transaksiekoste is R6
Dellie: whahaahahahaha ag nee, ek lag dat die trane loop!
Chopper: Jy is moerig en vloek die dame
Chopper: Die ou in kakieklere agter jou vloek ook die dame
Twattie: LOL
Dellie: lol
Twattie: ekt sopas vir die CEO gelag toe ek hier lees
Chopper: Die ry is al so lank dit gaan by die deur uit
Chopper: Jy onthou van die R10 noot in jou hempsak
Chopper: Jy vra weer vir die Coke
Chopper: Maar onthou dan van die Fanta
Twattie: is daar nie geld in jou tjorrie se asbak nie?
Chopper: Jy betaal virrie Fanta
Dellie: lol twattie
Chopper: Jy onthou van die toffies
Chopper: Jy betaal virrie toffies
Chopper: Jy kry kleingeld
Chopper: Jy het te min kleingeld gekry
Chopper: Jy gooi ‘n scene
Dellie: *kruip oppi grond rond soos ek lag*
Chopper: Die dame moet die till sluit en daai klokkie lui dat die supervisor kan kom regmaak
Chopper: pien-pieng-pieng
Chopper: Die supervisor kom moer stadig aangeloop
Twattie: LMGA!!!!!!
Chopper: Die ou met die kakieklere vloek vir Zuma en kie
Chopper: Die ander vloek jou
Chopper: Die supervisor maak die till oop.
Dellie: lol
Chopper: Jy kry die res van die kleingeld
Twattie: ag fok tog….whahahahahaha
Chopper: Jy loop
Chopper: Maak die Fanta oop, vat ‘n sluk en druk ‘n toffie in jou mond
Chopper: Jy hoor ‘n gevloek
Twattie: *klap hande*
Dellie: whahahahahahaha
Chopper: Die ou met die kakieklere kan nie vir sy carton Gunston betaal nie, want PnP se stelsel is van die lyn af
Twattie: LOL
Chopper: Jy lag
Dellie: whahahaa
Chopper: Jy gaan huistoe, gebruik die username en password op jou voucher, en kom chat innie kroeg
Chopper: The End
Twattie: ja te lekker chopper
Dellie: whahahahahahahahaha – briljant!
Twattie: jeeeeee disi nice storie
Chopper: Sien? Maklik om jou ADSL cap op te top
So mense – dit is maar EEEEEN van die gesprekkies wat daagliks inni Kroeg plaasvind – en ons was net 3 daar – jy kan jou voorstel hoe dit gaan as daar 18 gaste of meer is ….   As jy noggie daar was nie – ek dink jy mis uit, big time! Ons cover alle onderwerpe – van skinner nuus tot kos, ekonomie, godsdiens, en seks. En dis gewoonlik so prettig dat jy liefs nie moet lemoensap drink terwyl jy daar besig is nie, dit mag dalk net deur jou neus op jou keyboard en screen beland. En lemoensap in jou neus =  moerse brand en hoofpyn vir ten minste 4 ure – ek praat uit ondervinding.
Op ‘n ernstiger noot, wonner ek nou of chatrooms nie dalk blogs gaan oorvat vir ‘n wyle nie? Met Emil, Piks, Wip en wie ook al anders wat deesdae ophou blog, issit asof daar so ‘n doodsheid hang om ons Afikaanse blogs…. dis sad. Maar miskien evolve ons na beter plekke toe? Net die tyd sal leer. Ek’s nog hier, in elk geval. Soms stil, maar ek wil nie groet met melodrama en dan is ek more weer lus om ‘n snaakse storie te deel nie. So as jy lees, fine, en dankie, en as ek lank niks post nie, deal with it.  Hierdie blog is immers eerste hier v MY plesier. En ek gaan dit so hou.
O ja – net ‘n waarskuwing – ons girls se pics daar is nogal uhm effens daring? Dit IS ‘n Kroeg, afterall – so moenie skrik as jy inkom nie! Ons sal jou gou inlig van ons tradisie van ‘n nuwe tema elke Vrydag… *giggel*  Sien jou daar!
Met  ‘n glimlagggie van plesier loer ek skuin teen my been af en daar kom sy sukkel  sukkel aan gekruip om my te kom herhinner hoe kosbaar die lewe op aarde is. Ek  buk af en tel haar op en met die ou gebaar van so baie dekades terug. Sy ruik  nog altyd na die aarde. Ek soen haar versigtig op haar vet ruggie en sy trek  soos van ouds haar agterlyfie krom asof sy harregat wil se: “Soen my agterent.”  Die kinders se gegril trek my aandag en laat my seepbal bars.
Die laaitie het sy mondelings gedop en ons vat die pad  terug na Windhoek toe maar diep in my binneste het klein Katryn, die koringkriek  iets wakker gemaak. ‘n Ou herhinnering wat ek weer sou moes beleef. Soos ons  aanry neem die huisie waar ek as kleuter gebly het vorm aan en onthou ek presies  waar dit was. Die volgende dag ry ek op ou Big Bertha, my fancy mountainbike en  eenklaps onthou ek weer vir Katryn en weet ek dat ek moes loop kyk. Dit was nie  ver van my Daan Viljoen roete wat ek vir die opdraendes ry nie, so ek draai in  by Lizst straat en kry die huis.
Maar nou is dit ‘n Gastehuis en met een  helse muur voor, maar reg oorkant die hek stop ek en unclip van die pedals af en  loer by die erf in. Daar staan die ou Prosopis nog net soos dit altyd gestaan  het. Die dik sand onder die boom le nog net soos ek dit destyds agtergelaat het.  Niks het verander nie. Maar tog…
My eerste herhinneringe was as klein  pokkeltjie. Ek onthou hoe ek in die agterplaas op a beton blad met ‘n vet  vingertjie in die krake gekrap het. Dan staan ek op en waggel op vet beentjies  na die uitlokkende koelte onder die Prosopis boom terwyl ek met ‘n squint  aandagtig aan my peanutbutter brootjie knubbel. In die skaduwee sien ek ‘n klip  lê wat net soos pa se Taunus stasiewa lyk. Ek loop sit en stoot die klip deur  die sand en peule met die broodjie vergete langs my in die sand. Dan voel ek die  krieweling teen my boudtjie wat so ver deur die dekades aanklank sou vind
Op  my boudjie sit sy. Om my kriewel baie van haar pelle rond en met fassinerende oe  sit en kyk ek hoe twee van hulle oor my korsie worstel
Dit was die begin van  ‘n lang en vreedsame Somer van die Koringkrieke. Ek het dag vir dag met hulle  gespeel. Ek was eindeloos gefassineerd deur hierdie elegante kreature. Eindelose  ure het ons in perfekte harmonie saam gespeel. Dit was een van die lekkerste tye  in my bestaan. Maar soos alle dinge moes dit verby gaan. Eenklaps het die  oggende kouer geraak en die dae korter. Al minder van my maaitjies het kom kuier  en al minder van hulle het elegant geloop.
Dan eendag kom ek daar en my  maatjies is nie meer. Ek onthou dat ek my pa gevra het. Sy antwoord was dat  hulle vir die winter gevlug het. Dan, eendag , kyk die pokkel onder die boom op  uit sy droomwereld uit en sien buite die hek ‘n man wat op sy handlebars leun en  stip na hom staar. Iets aan die man lyk of hy deur diep emosies gaan. Hy kyk vir  oulaas die ou deur met die oranje Tshirt en die Velotex broek aan dan leun hy  vooroor en stoot sy Taunus verder deur die sand terwyl daar ‘n fronsie van  konsentrasie op tussen sy oe uitstaan…
Skielik word ek met ‘n vae gevoel  van verbasing bewus van die trane wat onder my D’Arcs uitloop. Ek vee die trane  met my gel padded handskoende af en sien hoe die Ovambo security vreemd na my  kyk. Daar is niemand onder die boom nie. Net blaartjies en my herhinneringe  ritsel in die wind. Ek klim terug op Bertha en trap en voel hoe sy verontwaardig  onder my flex. So vat ek die eerste bult van die Daan Viljoen pad met oë wat in  trane swem maar met ‘n Happy Harry smile. Die lewe is lekker. Dis die klein  dingetjies wat dit vir jou so aan genaam maak. En dan sing ek sommer ‘n stupid  ou sondagskool liedjie vir die Here en dank hom vir my quads vir my lekker bike  en sommer vir alles.
Harry (2007)
Daar is ‘n beerpark in Bern, in die middel van die stad, op die mooi Aare rivier. Die russiese president het selfs twee welpies geskenk op sy laaste besoek hier so maand terug (vra nie waar hulle ma is nie …) In elk geval, laas Vrydag, dink ek, kry een of ander aap (skuus, mens, ape is nie so dom nie) dit reg om oor die heining te klim en na die bere toe te hardloop. Ok, die ou is verstandelik gestremd, so ja, dalk is hy nou nie slim nie .. En soos wat mens verwag, val die een beer toe aan, want iemand het sy klein gebied ingedring. Indrukwekkende foto’s in die koerant van die beer wat op die ou lê en sy gesig is bloedoorstroomd. Die polisie is toe gou op die toneel en skiet die arme beer in sy sy, wat toe die man laat gaan en hinkend wegkom.
Die uiteinde van die verhaal is dat die man oraait was, maar die arme beer, wat net gedoen het wat hy natuurlik sou, is lewensgevaarlik gewond, rippe vergruis en wat nog, deur die koeël. Duisende mense toon medelye met die beer, dink daar’s selfs ‘n Facebook groep, en hou asem op of hy dit gaan oorleef. Ek ook. Maar sal daar tog nie mense wees wat sê ons stel diere bo mense deur eerder bekommerd te wees hoe dit met die beer gaan as met die mens nie? Ek sê, sorry, as jy, gestremd of nie, dit in ‘n beer se hok waag, is dit net jou eie skuld. Die beer het net gedoen wat hy natuurlik sou! Maar nog meer, diere hoort waarskynlik nie in dieretuine, in die stad nie. Mens kan nou argumenteer dat hulle daar veilig is van uitsterwing en sulke goed, maar meestal ly hulle net. En nog meer as iemand simpels in hulle hok indring…
Iets soortgelyks het my so kwaad gemaak so paar weke terug, na ‘n Inuit wat in Kanada gejag het op ‘n stuk ys vasgekeer was, en toe deur ‘n ysbeerwyfie gestorm was, wat haar welpies wou beskerm. Wat doen die mens toe? Skiet haar dood, om sy eie selfsugtige lyf te red. En die welpies is nou wees. Die berig het nie gesê wat van die welpies geword het nie, maar dit word nou winter. Gaan hulle dit maak? Gaan hulle ook in ‘n dieretuin opeindig? Daar is klaar soveel mense op die aarde – moet ons nou elke dier wat ons pad kruis uitwis omdat ons as individu in gevaar is? Ek sê nee, ons verdien dit nie (ja, ja, dink jy, wag tot daai ysbeer op my afstorm, ne?).
Ek dink regtig dierelewens het dikwels meer waarde as die van ‘n mens.
Ek moes hoor ek is net ‘n Coconut omdat ek pleit vir die Zulu Tradisie en Soevereinniteit. Hel maar ons kan naief wees om te dink dat hulle nie self sal opstaan vir wat hulle in glo nie. Ek het gesien hoe mense buste vol proetes gangers aan ry te midde ‘n oproep vir ondersteuning.
Wie het hulle saam geroep? Ek het. Ek wat niemand is het per voet geloop van vrugte stalletjie tot groente stalletjie en hulle gesmeek om ons(witmense) te kom ondersteun in die starnd ry verbod. Hulle is onafhanklikke brood winners wat nie op staat subsiedies geleef het nie. Elk staletjie het omtrent vier of vyf huis houdings gevoed waar daar tussen twaalf en vyftien mense voor kos gegee moes word.
Die mense het nie gesteel of gebedel nie. Vir 256 dae van die jaar het hulle gewerk en produkte gemaak. Vir ‘n 100 dae ‘n jaar het hulle in die son onder misrabelle skuilings gesit en swoeg in die snik hete dag om hulle produkte te verkoop. Hulle vrees vir verlies aan hulle lewens aar was groot genoeg dat hulle in gemeenskappe opgedaag het in buste wat hulle self voor betaal het.
Hulle kom saam die witman toi toi teen die Moosa mistake. Trotse tanies wat half blind was. Ou Omies wat kreupel gesukkel loop het was daar om die 13 kilometer wat Vali Moosa vir ons toegestaan het af te tree. Saam hulle het ek gehuil vir die ontwrigting wat hulle moes deur maak. Ek kon nie genoeg water aanry om hulle te gee nie, want die Marshals aan ons toegestaan het dit nie in hulle beplanning ingewerk nie.
4700 Witman ou man vrou en kind was ons gewees. Sewe en veertig voertuie vol vet gevrete mense wat te lui was om te loop so het ons drie ure later op die strand aangekom om te luister watse kak Vali Moosa toe gaan fluister. Hy vertel van Regerings Planne so GROOT soos berge. Armes uitkoms en sakke vol geld. Hy praat van vars lopende water en krag by elke huis.
Dit word toe alles een groot leun. Die strande word gesluit … die witman moes toe uit. Groot is die buste vol toeriste wat kom. Klein is die aalmoesies van die regering nou gevind. R450.00 vir elke kind wat jy nou lewend sal baar. Weg is die trots om vir jou self nie soos ‘n slaaf te sorg.
As ek vandag mense saam roep om in Durban voor die dokke te gaan betoog teen Chinese invoere hoeveel mense sal opdaag? Nie eers vir honde verniel of geslag?
Oom Grobbie het so deur die jare ‘n Land Rover en ‘n paar beach buggies klaar gery voordat hy vir hom ‘n klein tjorretjie uit glasvesel met ‘n galvanized chassis laar op bou het. Eintlikwas die boddies gebou in ‘n fabriek hier naby en dan was die onderstel van ‘n ou Mazda 323 aan dit vas geboud met stainless steel boude.
Dit moes nog van die agterwiel trek Mazdatjies wees om op die Body te pas. So het oom Grobbie eintlik twee van hulle gehad. Een bruine wat sy visvang jaloppie was en een bloue wat sy Kerk en Shopping Jaloppie was. Die bloutjie het later jare baie vriende in vyande verander, maar die bruinetjie het vroeg al uit die verhaal uit geroes.
So het Oom Grobbie vriende gemaak deur sy lewe. ek sal nou nie te ver gaan om hulle in te sluit in die verhaal nie, want dalk was hulle gierigheid nie so groot soos my parranoia nie, maar ek moes deur hulle almal se emosie leef om hulle ‘n regverdige kans tot die eienaarskap van die Blou Jeloppy te kon gee. Aangesien OOm Grobbie sy aards bsttings aan sy Swaer opgedrae het was ek onder dierekte afgedeelde diens aan die oud sendeling gewees.
‘n Man van die kleed oorweldig my nie gereeld nie, maar die oom was onder bevel van God, dit het hom uitgestraal en hy het hom soos ‘n waardige heer gedra. So het oom Swaer toe besluit oom Grobbie se karretjie sal vir die bedrag van R15 000.00 verkoop word. So het van die mense gedink hulle het hom klaar betaal met gunsies en gawetjies en so wou ander self met oom Grobbie onder handel oor ‘n beter tarrief.
So het ek geduldig gesit en wag oor die aanbod wat gemaak moet word en eienaarskap oor die karretjie wat geneem moet word, maar soos met enige guns wat mens doen is daar altyd ‘n vang plekkie. So moes ek toe pa staan vir die padwaardigheids sertifikaat en die nuwe eienaar wou met alle mag en geweld net prokerowers toe omdat hy voel hy word ingedoen, maar voetstoots is voetstoots en so neuk ek toe af toets gronde toe met die ou karretjie.
Soos met enige tweede handse voertuig is daar maar so paar foute en ou Pensie is ook nou nie onder die kalkoen uitgebroei nie. Die pedaal rubbertjies was R12.50 en twee fuses was maar ‘n paar sent. Die groot geld was die tyres wat nie pas maats was nie. So suiker ek af na ‘n vriend se huis toe en ruil die wieletjies een vir een met die stel op sy motortjie. Terrug by die toets gronde is die handrem se beurt om te veil en so moes ek spanners leen en die opstel en ook die agter briekke het verstellings nodig gehad.
Mense wat nou al aan briek dromme gestel het weet dat dit op sy beste ‘n moeilikke afvêre kan wees. So sukkel ek met my pokkel pensie onder die klein motertjie rond en na ek nat gesweet en vol grond is sit ek weer af na die Toets gronde toe. So sleep die een agter wiel aanhoudend. Uit moedeloosheid haal ek toe die agter wiel weer af en bekyk die storie so en onthou hoe my oorlede Oupa so iets soos grafiet poeier op die briek skoene gegooi het, maar waar kry ek 40 minute voor die eintfluidjie nou sulke goeters.
So bekyk ek die ou skoen wat redelik goed lyk vir die ongeletterde oog en sien so ‘n nattigheidtjie op die skoen. Ek voel toe so rond in die goete wat beweeg en sien ‘n lek plekkie wat nogals natterig is. Ek maak die toe sorgvuldig droog met een van Oom Grobbie se kar was lappe. ek meen hy sal mos nie weer die kar met daai lap was nie. Hy is mos nou ingeboek in die ouetehuis. Het hom self daar afgelaai… ek weet mos.
Nou sit ek vir die nattigheid op die skoen en vra waar mee gaan jy droog word. So speel ek met die gedagte om droog gebakte rooi grond op te strooi en tekyk hoeveel nat dit sal droog. Uit moedeloos probeer ek die gedagte en so wraggies na so paar keer se vryf lyk die kolletjie so effetjie droog. So sit ek alles aan mekaar en ry tot voor die toets beampte sonder te briek.
Hy trek ewe sorgvuldig die al om bekende Jallopy op die briek toets masjien en neem lesings van die voor wiele weer eerste en toe van die agter wielle ook. Mooi man verklaar hy, jy het oom Grobbie se briekkie mooi reg gekry. Nou moet hy die ou tjorrie nog net vir ‘n toetsrit ry dan sal hy sy besluit op die pampier vasmaak. Ek sit angstig in die wag kamer en wag.
Hy kom terrug gestap en vertel my ewe vriendlik dat ek sal net moet kyk dit voel vir hom of die regter agterbriek steeds nog byt. Gelukkig was tyd aan my kant en almal wou huistoe gaan. So loop ek daar weg met ‘n stel nuwe pampiere en die taak om vir wiele weer een vir een om te ruil.
Dit was vir my snaaks toe die mense my oordeel omdat ek in 2001 van die huis af werk. Ek het ge BEE en was naweke by die huis. ‘n lang week weg het ek dalk drie aande op ‘n keer weg geslaap en ander kere het ek twee weg geslaap een tuis en weer twee weg. Vir my was dit die enigste uitkoms. Ek moes.
Vandag is dit niks snaaks vir mense om uit te werk vir twee tot drie maande en weer een maand by die huis deur te bring nie. Families wat baie heg gelewe het moet nou sonder die vader figuur voort sleur. Die dae wat hy wel by die huis deur bring is dit om dinge op te vang. Lekkende swembad reg te maak. Kraan wassers te vervang. Voertuie self te diens of om vir dienste te neem.
So moes ek vir ‘n pasgebore babbatjie ‘n badtjie gaan aflaai, want ons gaan nie weer probeer nie. Vader tyd het ons gevang en ry ons hol rug. Any way toe ek en Mev. Pens by die vriende kom kon ons nie afklim nie, want ek het erge griep gehad en ‘n huis vol kinners en ouers wat min slaap het nie nog griep ook as ‘n keuier gas nodig nie. Daai is nie wat my opgeval het nie.
Die dieplyne van swaar kry op ‘n vrolikke opgewonde jong vader van vier het my opgeval. Hy was opreg dankbaar vir ons geskenk, nie omdat hy te kort het aan geld nie, maar vir die gebaar dat ons aan hulle gedink het en iets van ons met hulle deel. Tog was daar geen emosie op die eens lewendige gesig nie. Dis nie van pas gebore babba min slaap nie. Nee wat ek in sy oë gesien het was die doods blik wat almal na vier maande op die kaplyn gehad het.
Veg voort my vriend. Jou Familie is gevoed. Trots kan jy sê met geld eerlik en hard verdien. Jou seuns waardeer wat jy vir hulle koop. Nou is julle die “Jone’ses, maar sonder die weg werk is julle net nog ‘n sukkelende swaarkry blanke familie in ‘n Post Appartheid Malema Rigeme.
Ek stel hom voor waar hy met ‘n vuil tulband om sy kop aandagtig oor sy raam sit en die wol van sy angora bokke weef. ‘n Tapyt neem vorm aan en hoe langer hy weef, hoe meer sien jy van sy patroon. Ek het laas week by die mall by ‘n tapyt winkel ingestap en sommer net rondgedrentel om al die tapyte te sien. Ek weet nie regtig of hierdie tapyte uit Persië kom soos wat daar gespog word nie. Ek is nie seker of daar van hulle is wat in die donker stegies van Konstantinopel deur die ou wewer met die vuil tulband geweef is nie.
Die geur van die tapyte is stowwerig. Sand vlaktes van Timboektoe. Tartaarse ruiters wat bakbeen aan hul perde vasgegroei is om ‘n oosterse minotaur van die woestyn vlaktes te maak. Die stofstorms wat oor die godverlate vlatkes aangejaag kom met drommende hoewe. Die bulk van kamele. Stof in die nou stegies van hierdie eeue oue stad. Stof wat op die wewer neersif waar hy beskud teen die wind in die agterstrate ingedagte sit en weef. Die stof wat vandag hier in die mall my sinusse kielie.
Ek soek rond vir die waarheid wat ek eendag by ‘n tannie gehoor het. Sy het my vertel dat haar duurste persiese tapyt die antieke een is waarin daar ‘n foutjie ingesluip het. Tussen al haar peperduur tapyte was die een met die glipsie juis die een wat vir haar duur te staan gekom het en die een wat sy werklik waardeer.
Hier sit ek laat in die aand met die alfbet voor my wat ek met konsentrasie in ‘n storie moet inweef. Kort-kort moet ek terug gaan en weer lees wat ek geweef het en dan sien ek die foutjie raak. Dan rafel ek die sin uit om die foutjie uit te haal. Daarna gaan ek voort met die tapyt. Ten einde laaste sit ek agteroor en beskou die hele tapyt as ‘n vorm en dan besluit ek om dit in die vertoon venster te gaan plaas vir mense om te sien. Na die tyd sal ek terugkom en weer oor my patron gaan met ‘n fynkam en dan sal ek die fout in die patroon sien. Dan dink ek aan die tannie met haar kosbare tapyt met die fout. Daai een tapyt wat sy raak gesien het en dit in haar huis gaan hang het.
Ek vra hier vir Bierpens om nie te huiwer as hy ooit met letters wil weef nie. Ook nie as hy blogs aan mekaar moet weef nie. Doen dit vir die wat lees en ook graag ‘n wewer wil wees. Iemand wat ook tapyte wil uitstal. As daar foute insluip of jy voel jou patroon is nie reg nie, dan moet jy besef dat daar wel iemand verby gaan loop en dan sal vasteek en dat daardie tapyt van jou die persoon sal bekoor. Die tapyt sal teen hul mure hang en hulle sal dit weer en weer wil sien.
As ek so teruglees in die stil ure van die aand, sien ek al die spelfoute in my vorige stories raak. Die vraag wat by my opkom is dit: Moet ek terug gaan en die tapyt gaan uitrafel wat nou al ‘n week in die vertoon venster gelê het en wat miskien reeds al sy eienaar gevind het? Ek is nie die potmaker nie maar ek is die klei. As ek die tapyt in die vertoon venster gaan hang het en dit bekyk is en deur sommiges geniet is sal ek dit netso daar los. Dit is soos ek soos die antieke wewers van Konstantinopel erken dat ook ek foute kan maak en dat ek my talente aan my God verskuldige is en dat net hy regtig perfek is in sy skepping. Gaan voort Pensie. Weef jou tapyt. Sterkte
Toe ek  hierdie storie die eerste keer gehoor het was ek nog maar ‘n baie klein knapie.  Ek het asma aanvalle gehad diep in die nag en dan het my vadertjie by my bed kom  sit en my bors ingesmeer met Vicks. Dan het die absolute angs wat elke asmalyer  ondervind na die noue ontkoming met versmoring  laat wegsmelt met sy kalm stem en die  wonderlike stories wat hy kon vertel. Dan het ek met groot ogenss lê en luister.  Eers as die storie klaar was het ek my ogens toegemaak en dan sommer soos ‘n  klip ingedommel met die wind wat nog steeds effens fluit deur my  lugpype.
Die  volgende keer wat ek die storie gelees het was in Sangiro se boek. In 2008  Oktobermaand net voor my vadertjie se afsterwe. Hoe ek laatnag langs sy bed  gesit het en hy na asem gesnak het en Vick net niks kon doen nie. Die boek wat  Sangiro oor Namakwaland en sy mense geskryf het. En watter boek oor Namakwaland  se mense sal volledig wees sonder  Oukoos  van Eensaamheid? Ek vertel maar die storie soos ek hom by my vadertjie gehoor  het en soos ek die in Sangiro se boek gelees het, want elkeen van díe twee  stories het iets om die ander mee aan  te  vul.
Oukoos  was ‘n welbekende vent. Jy kon hom altyd deur ‘n ring trek so netjies was hy. Hy  was altyd vriendelik en het altyd met ‘n glimlag rondgeloop. Hy was altyd reg  met ‘n grappie en so het hulle hom dan Oukoos genoem. Nie omdat hy ‘n ou man was  nie, maar omdat hy by almal so gewild was. Oukoos het op ‘n plasie teen die see  geboer. Hierdie plasie het hy Eensaamheid genoem en dit was baie vanpas. Sover  as die oog kon sien was daar net sand en gnaroebossies. In hierdie Godsverlate  vlaktes het hy vir hom ‘n huisie gebou en hier het hy sy bestaan gemaak uit  skaap en bok.
As jy  die dag by Oukoos kom kuier, soos wat Sangiro die dag gedoen het,  het dan het hy jou altyd see se kant toe gevat  waar dit koeler was. Hier het hy dan vir hom ‘n skerm gebou met gnaroebossies  wat teen mekaar gepak was om die wind te keer. Dan het hy op sy sy in die sand  loop lê en jou dan begin uitvrae soos plaasmense nou maar eenmaal doen. So teen  skemer se kant dan trek hy ‘n paar los takkies uit die skerm uit en maak ‘n  vuurtjie teen die aandwind se koelte wat van die see af aankom. Dan lê jy daar  in die warm sand met die koel seebriesie wat oor jou streel en dan kry jy  hoendervleis vir die stories wat Oukoos kon vertel.
Soos  enige Namakwalander nou maar is, kon die man vir ure lank uitbrei oor sy lewe en  hoe hy dit ervaar het. Hier sou hy jou nie verveel het met klaagliedere van  Jeremia nie, nee. Die man sou soos almal van sandvlaktes vir jou net die beste  dele van sy lewe vertel. Net die dinge wat hom laat lag het. Soos die sterre dan  oor die hemel verby beweeg so sal hy dan die kan “Kakbek” uithaal en vir altwee  bietjie droë wyn in gechipte blikbekers ingooi . As jy hom vra hoekom hulle die  wyn, wat beter bekend staan as Vaaljapie, dan Kakbek noem dan sal hy jou met ‘n  fyn glimlaggie vertel om tot more oggend toe te wag en dan weer te vra as jy nog  nie verstaan nie…
Soos  Oukoos dan stories vertel so sal sy hansbok kort-kort daar aankom en dan sal die  hansbok vir Oukoos en sy gaste met groot ogens om die beurt sit dophou terwyl hy  ingedagte lê en herkou. So het Sangiro dan die aand na sy derde beker Kakbek vir  Oukoos uitgevrae oor die hansbok wat dan nou al die heeldag so om hulle bene  draai. Die bok se ooi het hom geverstoot die selle nag wat sy hom gelam het en  Oukoos het met geluk op die boklammer afgekom anders was sy voorland  jakkalskos.
Oukoos  het maar die lammer saamgedra na sy plaashuisie toe en hier het hy die lammer  toe hans grootgemaak. Elke dag  het hy  die ooi gaan melk en dan die melk in die koel kombuis op die spensrak gaan  neersit met ‘n kant lappie oor om die brommers uit tehou. Dan het hy maar die  bok so deur die dag gevoer met die melk soos wat die bok kom aandring het en  bietjievan die bokmelk in sy koffie gegooi . Die bok het vinnig groot geraak en  met die dat dit hans groot geraak het het die bok nie eintlik geweet hy was bok  se kind nie. Nee, hy was taamlik lugtig vir die bokke wat hy op die werf sien  loop het en het maar altyd onder sy vadertjie se bene loop staan as hy te bang  was. Met die dat hy groter geword het het hy ook onmanierlik gebegin raak. So  die dag na die dominee daar was en die bok hom sommer bespring het, het Oukoos  sy knip mes en ‘n hand vol growwe sout gevat en die bok agter die huis loop  kapater maak.
Dit  moes seker ‘n skok gewees het vir die arme bok dat sy vadertjie hom so seer moes  maak met ‘n skerp mes op ‘n teer plek, maar dit het hom nie gekeer om in sy  vadertjie se skaduwee te lewe nie. So orals waar Oukoos geloop het, het die  kapater agterna geloop en alles en almal met groot vraende ogens loop en bekyk.  Nou Oukoos vertel verder van die namiddag toe hy see toe is om ‘n lekker vet  Kabeljou te loop vang vir aandete. Soos gewoonlik was dit nie te moeilik om ‘n  grote te vang nie. Oppad huistoe loop hy toe weer soos gewoonlik tussen die myn  se prospekteergate deur.
Soos  alle Namakwalanders nou maar is, was Oukoos ‘n wet gehoorsame man en het ‘n  groot vrees vir die polisie gehad. So hy sou nie droom om ooit in die sand te  grou om te kyk of daar diamante is nie. Maar hierdie dag kon hy sy  nuuskierigheid nie langer beteuel nie. By laaste prospekteer gat loop steek hy  vas en staan en kyk aandagtig na die bodem. Met ‘n kyk díekant toe en ‘n kyk  dááikant toe spring hy in die gat af en begin vroetel in die sand rond. Met die  dat hy op die bodem sit met sy vingers in die sand, hoor hy toe hoe iemand agter  hom teen die wal kom staan. Hy skrik homself onkapabel en sit met sy skouers  ineengetrek daar en begin formuleer toe al die liegstories wat hy vir die  polisieman sal vertel. Maar vir himself klink die een verskoning slegter as die  ander een. Hy sit en kyk na die skaduwee van die polisieman en sien toe die  geweer bo sy skouer uitsteek.
Hy kan  toe later nie meer uitstel nie en besluit om maar die polisieman in die oë te  kyk en skuld te beken en klaar te kry dat hulle hom nou maar moet toesluit. Soos  hy dan langsamerhand omdraai kyk hy toe in die nusskierige ogens van die bok  kapater vas. Oukoos was nie ‘n man wat gevloek het nie, maar daardie dag het hy  daai kapater gejae en met stokke gegooi en hom die liederlikste woorde  toesgesnou tot sy asem weg was. Daar het hy toe maar gaan sit en lag tot die  trane van sy wange afloop.
Oukoos  was nooit ‘n ryk man nie. Di  één ding  wat die bok hom geleer het. Hy het baie oud geraak en lê daar op Eensaamheid  begrawe. Die enigste plek op aarde waar hy ooit wou wees. Ek is seker dat Oukoos  vandag iewers in die hemel oor die see lê en uikyk. En langs hom staan die bok  kapater en kou ingedagte terwyl hy met ‘n seun se bewondering na sy vadertjie  staan en kyk.
Rus  sag Oukoos. Die Here gee nie om of jy arm is nie
So kom dit toe dat die dag kom toe ommie Grobbie gebyt was in die donker deur een of ander vleis verrotings gedierte. Dit kon ‘n spinnekom in sy skoen gewees het of die slang wat hy geskop het soos ‘n Baffana Baffana doel skopper (half skeef die tuin in).
Oom Grobbie het altyd sy medies uit sy pension geldtjies betaal en ons het nooit geweet dit was omdat die local Dokter uitgekontrakteur was nie. Ons het maar altyd gedog dis omdat hy maar net die bietjie geld het om van te lewe. Niemand het geweet hoe groot die pension tjekkie was nie of hoe diep omie Grobbie se spaar rekkening was nie.
So het dit gekom dat die voet begin vrot het en die geldjies blyk min te wees vir Dokter onkostes en so het Oom Grobbie van een mens na ander geloop om te vra oor gif, bakterieë en skoon maak goeters. Soos nie een van ons besef het waaroor die navrae gaan nie so het ons almal bygedra tot oom Grobbie se nuut gevonde mediese kennis.
Dit was van Savlon tot Savlon salf, hy kon nooit verstaan hoekom die Detol dan nooit so ‘n salf op sy dorpie kom verkoop nie, want hy het saam Detol groot geword. Dutch medisen was ook een van sy Forte gewees. Hy het geweet van Jamaica Gemmer en Wit Dulsies. Turlington en Behoedmiddel vir kinners. So gepraat van kinners, ek kon nooit bewyse kry van enige van daai nie.
Any way so het oom Grobbie se voet nie ophou vrot nie en so het Clean Green, wat hy vir sy hande moes gebruik het as hy klaar beach buggie se enjin gewas het, altwee ‘n rol saam in sy lewe begin speel. Toe die voet beginte swart word en ek hom kon oortuig dat hy moet nou ‘n ander dokter se raad gaan soek het dit uit gekom dat hy die voet elke aand met clean green spuit voor hy sy kousie aantrek vir slaap tyd.
Dis toe dat hy ook by die Dokter bieg hy het medies, maar dat hy moet vooruit betaal by die ander dokter en dan is sy pension klaar voor hy die maand se leef klaar gemaak het en die refund was party kere tot sestig dae laat. So het die nuwe Dokter die geld by die medies geclaim en Oom Grobbie is behandel vir sy voet.
Ai Oom Grobbie ek weet jy het jou bottel clean green in die buggie gelos toe jy gepak het. Die buggie is verkoop en die botteltjie staan op ‘n rak inn my garrage … sal hom vir jou saam bring as ek die dag kom.
My  eerste ses  maande as student in Pretoria  moes ek noodgedwonge in ‘n goedkoop hotel in Kerkstraat gaan bly. Dit gebeur as  jy sloer met jou registrasie. Die feit dat die girltjie wat saam met my gewerk  het, skielik swanger geraak het en haar studies moes kanselleer, het veroorsaak  dat daar vir my ‘n plek in die klas ontstaan het. Ek onthou soos gister hoe my  swaer en my vadertjie saam met my deur die nag gery het om in Pretoria te kom.  Ons het so vir Kerkstraat heel van bo af gevang in Pretoria Wes en so  aangekarring tot by Kerkplein. Hier het ‘n poeliesman ons gestop en gesê “Nee  Meneer, hier mag julle nie deur ry nie.”… “Dis seker heilige grond”;  brom my pa…. “Oom Paul staan mos daar”;  lewer my swaer kommentaar.
So het  ons dan weer vir Kerkstraat gekry na ‘n lang gespook met eenrigtingstrate en  uiteindelik by die Eureka Hotel aangeland. My pa en en my swaer het dan die dag  hier saam met my deurgebring en die volgende oggend vroeg is hulle daar weg. Ek  onthou die aleen onder die ou plataanboom  terwyl ek my vadertjie en my swaer in sy  Skyline sien wegry. Ek was alleen in ‘n stad vol mense en motors. Aanpassing was  vinnig, want as jy jonk is, is die lewenspad besaai met eenvoud.
Die  Eureka Hotel was ‘n hotel wat net-net te duur was vir arm studente en ook  net-net goedkoop genoeg was vir oumensies wat nie plek in ‘n ouetehuis kon kry  nie. So, die oumensies was maar ‘n bekende gesig in die gange of op die  voorstoep waar banke in die son gestaan het. Ek het my nie juis met die mense  gemeng nie, want soos dit met student is, is jy   agt uur al daar weg om betyds by die kampus te kom en dan kom jy eers  weer so drie uur terug om dan neus in die boeke te sit of om die stad te gaan  verken.
Donderdae was anders as die ander dae, want ek het geen oggend klasse  geloop nie. So die eerste Donderdagoggend  kom ek agter daar is ‘n beroering in die  voorportaal van die hotel. By nadere ondersoek sien ek dan dit was teetyd en die  oumensies het saam gedrom vir hulle tee. Ek het ook maar by die ry loop inval en  toe vir my lekker tee ingeskink met suiker en melk. Soos ek dan omdraai staan  daar agter my die tante wat my met baie skerp ogies staan en dophou. Ek was ‘n  lang lummel en geklee in washed denim broek en baadtjie. In haar oë kon ek sien  dat ek in ‘n weegskaal geplaas is en het toe maar rustig staan en wag om te lig  gevind te word deur die tannie met haar deurdringende kyk. Tot my innerlike  plesier ontspan die Tante haar skouertjies en staan nader met ‘n vriendelike  gesig.
So het  ek dan die Tante van die Toerbus ontmoet. Sy het dadelik land en sand begin gesels. Na ‘n halfuur van rustig sit  en luister het ek dadelik geweet dat díe tante ‘n moutermond is en dat sy haar  praat sal praat. Tog het dit my nie gepla nie en ek het rustig in die leunstoel  daar in die voorportaal terug gesit en die tante se stem soos ‘n wintersonnetjie  oor my laat skyn. Lekker warm in die wete dat ek ook hier ‘n ma gevind het so  ver weg van my eie moedertjie af.
Ons  het mekaar ses maande geken en ten minste een keer per in die teekamer gesels.  Ek het rowwe vriende hier gemaak, maar die opwinding wat die vriende gebring het  was ‘n afleiding. Vir die volgende  ses  maande was ek deur die dag student tussen al die mooi meisies op kampus, in die  namiddag in die geselskap van my boeke met ‘n vyftien minute breek in die  teekamer waar ek en die tante dan rustig sit en gesles het.  In die aande was ek dan in die geselskap van  my bouncer pelle voor verskeie hotelle en nagklubs se deure. So het die  afwisseling deur elke dag my aandag bevange gehou en tyd het gevlieg.
Eendag  bel my ouer suster Ilze en sê dat sy wil kom kuier net voor ek terug gaan  Windhoek toe. Dis toe dat tyd my skielik inhaal en ek besef dat my tydtjie in  die hotel my ingehaal het. Ilze het lekker daar gekuier en ek het haar die hele  Pretoria gaan wys. Sy was ‘n verassing vir die mense van die hotel en my een  bouncer kollega wou glad by haar aanlê. Ek het maar die hotel deur ferm in sy  gesig toegedruk  en hy is met lammer  ogens daar weg. Met die geskarrel het ek die laaste week van die tante vergeet.  Sy het by elke namiddag daar in die teekamer  vir my sit en wag om vir my van haar verlede  te vertel , maar elke keer  het ek net  nie uitgekom nie, want ek was besig om vir Ilze die stad te wys.
Die  heel laaste aand voor ons terug sou vlieg is daar ‘n skaam kloppie aan my deur.  Toe ek oopmaak staan die tante daar verleë in die gang. “Ek hoor jy gaan more  weg en het jou kom groet” Dit is toe dat ek onthou hoe ek die tante afgeskeep  het en ek het bitter sleg gevoel daaroor. Sy het die kamer ingekom en begin  gesels asof dit haar laaste geselskap was. Miskien was dit, wie weet? Sy het oor  ditjies en datjies sit en praat Ilze het later gelê en slaap en so gesels die  Tante net aan. Dit is toe dat sy my vertel van haar eerste toer en hoe sy haar  man ontmoet het.
In die  ou dae was daar maar min te doen vir die ordentlike jongmense in Pretoria. So  almal het hulle geltjies gespaar om een keer ‘n jaar goedkoop toere in Spoorweg  buste te doen. Dit was maar die staat se manier om die mense aan sy land voor te  stel . Hierdie bedryf het vinnig verander in ‘n aktiwitiet waar jy jou  wederhelfte ontmoet het om te trou. So was die passasiers lys dat meestal ‘n  jolige jonk klomp wat van een hotel na die ander gery het en dan hulle harte  elke aand uitgedans het en dan ook verlief geraak het op mekaar.
Tant  Stienie was maar skugter so in haar jeug, maar het haar oog op die mooie jongman  met die brylcreem in sy hare gehad. Hy het half skugter heel agter in die bus  gesit en elke keer bloedrooi gebloos as ‘n meisie met hom gesels. Hy kon ook nie  dans nie so het maar in die aande by die kaggel loop sit en aan sy pyp gerook.  So het Tant Stienie dan ook elke aand by die kaggel loop sit met haar boek en  dan het die tweetjies mekaar skelmpies aan gekyk as hulle dink die een sien nie  die ander nie. So sit altwee met vlak asems en skoenlappers in die maag en nie  een sal reguit na die ander kyk nie.
Dit  was winter en dit was blomtyd in Namakwaland en dus kon jy verstaan hoekom die  Namakwalanders dit die Poorte van die Hemel noem. Die bus het in die Poorte van  die Hemel aangekom. Van hier af sou dit omsit en direk terug ry Pretoria toe. En  nog steeds het die tweetjies elke aand bymekaar gesit sonder moed om te begin  gesels. Tot die dag toe die bus tussen die Namakwa daisies gaan stop en almal  uitklim met snakkende asems vir die absolute skoonheid van die natuur. Tant  Stienie het met groot ogens rondgeloop en net gekyk en gekyk. So groot was haar  ervaring dat sy dit net met iemand moes deel. So, toe sy omdraai om te soek vir  die man wat stil-stil in haar hartjie kom kruip het staan hy reg agter haar met  ‘n bossie daisies in sy hande en ‘n vuur rooi blos op sy gesig.
Al wat  Tant Stienie kon doen was om die man ‘n soen te gee wat hy nooit sou vergeet  nie. Die soen wat hom genoop het om haar hand te vra en saam met haar voor die  kantel te loop staan en bloos. Hulle liefde het saam met die ganse Namakwaland  geblom. Die tweetjies is getroud. Het jare lank in Pretoria gewoon en as klerk  by die provinsiale Administrasie gewerk.   Deur die jare wat gevolg het, het die skaam man ‘n ou oompie geword. Hy  is oorlede en sy vroutjie het in die hotel gaan bly.
So  hier sit Tant Stienie vyf jaar na sy dood en vanaand kon jy sien hoe mooi sy was  die dag toe sy die skaam man tussen die blomme gesoen het. In haar oë was trane  en op haar ou gesiggie was ‘n helmelse glimlag. Langs my het Ilze lê en slaap en  in my borskas het my hart swaar geklop van weemoed. Teen hierdie tyd was dit  diep in die nag en die Tante het skielk na die slapende Ilze gekyk en haar hand  verskrik voor haar mond geslaan. : “Kyk die tyd!” Sy het my by die deur gegroet  met trane in haar oë en vir my dankie gesê vir al die kere wat ek met haar  gesels het. Haar laaste sin sal my atyd bybly. “As my skip weer kom dan gaan  ry  ek weer die toerbus na Namakwaland”
Jare  daarna het ek weer in Pretoria gegaan en die duiweltjie op my skouer het my help  besluit om weer in die hotel te bly. Die naam het intussen verander na die  Yellow Giraffe en het maar danig ongurig gelyk, selfs onder sy nuwe laag  verf.  Ou Miesies Jansen was nog altyd  daar maar net baie oud. Ek het haar uitgevra na Tant Stienie en sy het my vertel  dat die tante nie meer lewe nie. Ek het die dag saam met my vriend deurgebring  in die stad en die aand het ons by Bubbles gaan kuier, maar my hart was nie in  die die storie nie. So toe hy dan nou sy gewillige verpleegstertjie optel en ek  myne versaak is ek na die hotel toe en hy na sy verpleegstertjie se woonstel  toe. Ek het in die donker teekamer gaan sit en net by die venster  na die stil Kerkstraat gesit en uitgestaar en  die storie het na al die jare in my gemoed opgekom.
Diep  in die donker ure van die nag kom die ou spoorweg bus kom met sy dreunende  diesel uit die Unigebou se rigting in Kerkstraat af. ‘n Oerdier uit vergange dae  tussen die moderne motors deur wat onder die plataan en jakaranda bome parker  staan. Reg voor die hotel staan Tante Stienie en wag met ‘n salige glimlag op  haar gesig. Die ou bus kom met gillende brieke tot stilstand en die joviale deur  swaai vir haar oop. Tante Stienie klim met die moeite wat ouderdom vir haar  gebring het in en as die deur agter haar toegaan sien ek nie meer vir Tant  Stienie deur die ruite nie. Ek sien die jong meisiekind wat op die bustoer gaan  om man te soek. Ek sien hoe haar oog die stil vent agter in die bus se oë vang.  Ek sien hoe hy bloedrooi bloos en wegkyk uit sy venster uit. Reguit in my oë  in.
Die  bus trek weg oppad met Tante Stienie op haar laaste toer na die Poorte van die  Hemel toe. In haar hotel bedtjie gee tant Stienie haar laaste suggie en gaan die  hiernamaals in met ‘n verwonderde glimlaggie op haar gesig. En ek sit kyk  verbaas na die trane wat op my gevoude hande drup.
Rus  sag Tante Stienie. Daar in die Poorte van die Hemel.
So deur die jare het ons almal baie van oom Grobbie die standloper se wel en weë geleer, maar so was daar net en of twee mense wat sy verhaal ten volle geken het. Met vandag se vertelling wil ek spring na een van die laaste hoofstukke in die omie se boek. Die een wat gekom het na die slang byt en gleen green. Die Blou tjorretjie se verkoop en die verwarring met medikasie.
Dit is nou maar een maal so dat ons alleen die lewe inkom en hom weer alleen verlaat, maar in oom Grobbie se laaste dae op ons se tuisdorpie het hy vreeslik deurmekaar begin te raak. Hy het gesweer is van die slang byt, maar op 86 mag mens maar seker bietjie begin donker kolle in ‘n dag beleef. So het dit gekom dat ons begin agterkom het dat as Oom Grobbie so in sy buggy langs die pad sit is dit omdat hy rigting verloor het en nie vir die voëltjies of jong poppies sit en kyk nie.
Stanley, ons plaaslikke Poeliste man, het dit eerste agter gekom. Hy het eendag by die ou oom gestop om met hom te gessels, maar dit was in een van die donker oomblikke, van daai oomblikke waar Omie Grobbie nie geweet het waar hy is nie. So het hy die Poeliste man toe probeer verduidelik hy soek net die adres en is nie besig om misdaad te pleeg nie.
Ons het gou geleer die omie dra ‘n sak boekkie by hom om as liggie te dien as die donker wolk oor hom trek. In die boekkie is sy naam, sy woon addres en belangrikke inligting soos hoelaat hy sy volgende pile moet drink. Dit was gevaarlik op sig self omdat hy nooit die dae van die week kon reg uit werk as die donkerte van die wolk oor hom getrek het nie.
In elk geval ou Oom Grobbie het toe later geleer om die Poeliste te vertrou en vir rigting te vra as hy so verdwaal in die dorp se strate. Dit was nogals einaardig om te verdwaal in ‘n dorpie met ses strate wat saam die meer loop envier strate wat hulle kruis. Ek meen die hoostraat is beswaarlik 800m lank. So het ons geleer om saam oom Grobbie deur sy donker oomblikke te kon lewe en in ‘n kort oomblike van herontmoeting sy vertroue te wen en hom huis toe te vergesel.
Sy huur was deur die elektronika betaal, maar toe die land lady op toer gaan was dinge redelik deur mekaar, want niemand kon hom die versekering gee dat sy huur vir die maand betaal is nie. Hy was ook in sorg van die Pappegaaie van die hoofhuis geplaas en ook om die hondjies se kos te maak so elke tweede dag as hulle nou moet warm eet. Hoeveel tweede daggies in hulle se lewens was sal niemand regtig weet nie, maar in elke helder oomblik was daar ge-complain dat die antie nou moet terrugkom want so kan sy pension geld ook nou nie vir ewig hou nie.
Ek weet hy was in sorg van die pappegaaie want ek het eendag op hom gaan inloer om te sien of hy kos het en het by die deur gestaan en luister hoe hy die pappegaai probeer maand en dag leer sodat die hom dit kan terrug vertel as hy weer in die donkerte verdwaal. Die stomme dier se dag was elke dag Maandag en as dit nie sin maak nie dan fluit hy en stem saam dis Donderdag.
Jy moet ons strandjie skoon hou daar bo oom Grobbie. Ons kom almal eendag by jou in die sonnetjie staan … wag nog net ‘n bietjie geduldig.
Om die  Griqua volk te verstaan moet jy weet waar hulle vandaan kom. Hulle was eers  bekend as  die Baster Hottentotte en op  ‘n voorstel  van Pastoor John Campbell  van die Londense Sending Stasie het hulle hul naam verander na wat dit vandag  is. Die Griqua benaming het ontstaan uit die word Grigriqua wat Khoikhoi  beteken aangesien hulle sulke bande met  hierdie stamme gehad het.
Nadat  spanning tussen die Griquas en die trekboere in die Oranje Vrystaat en in die  Kaap Kolonie ontstaan het het Adam Kok III, die kleinseun van Adam Kok I, wat  die oorspronklike leier  van die Griquas  was, besluit om met sy volk weg te trek. Hierdie mense het dan van Phillipolis  na ‘n gebied wat  “Niemands Land” geheet  het getrek en dit toe vernoem na Griqualand-Oos in 1861 en daar na het hulle  getrek na wat (sover ek weet) vandag nog bekend staan as Kokstad in  1872.
Niemand hou van ‘n droë geskiedkundige sage nie en ek sou hierdie verhaal  nie geskryf het as die nie vir die profisieë was nie. Volgens vertelling sou  daar ‘n leier gebore word wat die Griqua nasie uit hul verdrukking kon lei. Dis  is waar die verhaal interessant word en die spanning begin.
Op ‘n  dag word Sir Andrew Stokenström, Luitenant-Generaal  van die Oostelike Provinsie deur ’n  bende Xhosas aangeval  en toe kom Sir Andrew se verkenner tot sy  redding en skiet met akkurate oog en ferm hand ‘n paar van die Xhosas dood en  laat die res vlug. Sir Andrew was so beïndruk met hierdie heldedaad dat hy vir  Abraham le Fleur van sy visie vertel en aan hom gevra het om een  van sy seuns  na hom, Sir Andrew Stokenström, moet vernoem.  In sy eie woorde:
“You are a  brave man. One day, when you have a son, you must name him after me. Take this  five pound note; it must be used to christen the boy; if he turns out to be a  coward, you must beat him to death, because a brave man like you does not  deserve a coward for a son.”
Wrede  woorde, maar hierdie mense het in moeilike tye gelewe. Andrew Abraham  Stockenström le Fleur word op 2 Julie 1867 gebore op Herschel naby Aliwal Noord  en was die tweede seun van Abraham en Annie le Fleur. So het die Kneg van God  met luide geskreeu die wereld ingekom. Abraham met die versoek van Sir Andrew  Stockenström nog vars in sy geheue het begin om sy seun te bearbei om die  voorspelling te bewaarheid.
Die storie word oorvertel  dat  Andrew Abraham Stockenstöm le Fleur  met die helm gebore was en visioene van God gekry het sedert sy tiener jare. So  is hy dan Die Kneg van God genoem en daardie gawe het hy tot in sy graf gedra.
Op ‘n dag stuur sy vader  hom om na sy donkies in die veld te loop soek. Op die derde dag, 9 Mei 1889  verskyn God aan hom in die veld en gee hom die volgende opdrag: “Gaan vergader die doodsbeendere van Adam  Kok en maak hulle een nasie sodat hulle my kinders kan wees en ek hulle  God”
Wat  verder gebeur het is in die anale van die geskiedenis noukeurig opgeskrywe en  maklik om te google. Hy het Griqualand probeer terug wen deur die wet noukeurig  te volg en toe dit nie help nie, het hy en sy nasie oorlog verklaar teen die  Koningin van Engeland en in die eerste skermuseling met die Engelse het hy hulle  met gemak oorwin en selfs ‘n paar soldate gevange geneem. Tog het hy sy mense  ooreed om die wapen neer te lê en hulle op Kokstad te gaan oorgee aan die  owerheid. Hy was dadelik aangekla vir “Poging om ‘n oorlog te begin” Op 29 April  1898 word hy skuldig bevind en tot 14 jaar tronkstraf gevonnis. Die regter wat  die saak hanteer het sy Edele Judge Jones het gesê:
“No matter  what wrongs you have suffered, I am going to pass a severe sentence to you of 14  years hard labour, to put the fear into the hearts of the other chiefs. Do you  want to say anything?”
AAS le  Fleur het kierts regop loop staan en hom so geantwoord:
“Your  worship, because you used your oath as a judge who must sentence guilt, and  passed it as a sentence of fear, you will not leave that seat in  honour.”
Daarna  daal daar ‘n onsagtelike stilte in die hof stil en Die Kneg verkondig  sy twede visioen van God uit wat hy net daar  in die hof kry:
“Daar gaan  ‘n oorlog tussen Boer en Brit uitbreek, 100 000 Engelse sal omkom en 45 000  Boere wat vandag julle kamerade is”
Is dit  dan so verbasend om te hoor die dieselfde Regter jare later oneervol uit sy pos  ontslaan is vir alkohol misbruik? Is dit die woorde van Die Kneg of was dit die  werk van sy Skepper?
Op 3  April 1903 om 15:00 word die kneg uit die tronk vrygelaat en dadelik word hy die  pos as Goewerneur-Generaal  van Rhodesië,  wat hy botweg weier. Hy besluit om die opdrag wat God aan hom gegee het te  voltooi.
Die  Kneg het die res van sy lewe aan sy Griqua mense afgestaan. Hy het hulle  Ratelgat gekoop en hulle die plaas aangebied as ‘n selfhelp projek. ‘n Projek  wat vandag nog bestaan. Hy het die Griquas op die Kaapse Vlaktes ooreed om  elkeen sy eie stukkie grond te koop en om self onderhoudend te wees. So kan jy  opnoem. Intussen het hy baie visioene van God gehad. Om maar ‘n paar te  noem:
Hy  vertel hoe daar ‘n spoorlyn gebou gaan word van Sishen na Saldanha.
Hy  vertel van die nuwe  Stasie in  Kaapstad
Hy  voorspel dat Kokstad deur Afrikane bewoon sal word.
Hy  voorspel hoe die Griquas na Geneve sal gaan
Droogte, politieke onrus en siektes in Suid Afrika
Ratelgat sal die tuin van Eden word.
Die  Kneg was volgens vertellinge ‘n streng man wat nie teëpraat geduld het nie. Hy  het die mense om hom met ‘n ferm hand regeer. Hy het selfs besluit wat hulle mog  eet en wat nie. So het hy die Griqua nasie disipline geleer en opvoeding gegee  en van hulle die welgesproke en terug getrokke mense gamaak wat sommige van  hulle vandag nog is. Mense met self respek. Mense met stamtrots wat ver terug  gaan.
Dit is  so maklik om die man se charisma na sy dood te vergeet. Die Kneg is op 11 Junie  1941 in die huis langs sy grafkelder  op  Jakkalskraal oorlede. Dit is vandag nog steeds ‘n plek waarheen die Griquas  jaarliks stroom as ‘n pelgrimstog om sy herdenking te vier.  Daar was nooit weer vir die Griquas ‘n leier  soos Die Kneg  nie. Hy het sy opdrag  uitgevoer wat hy as tiener by sy God gekry het. Dit was nie maklik nie. Maar hy  het dit met toewyding gedoen. Vandag is hy spore in die sand. Hy is een van die  Kinders van die Mis. Sy nalatenskap lê wyd verspreid  oor die vlaktes vanaf Kokstad verby Ratelgat  en Jakkalskraal tot by Steinkopf waar jy die vrug van sy arbeid kan sien na al  hierdie jare. Mag hy sag rus in die arms van sy God. Mag sy werk nooit vergeet  word nie. Mag sy nalatenskap altyd bly staan. Rus sag Die Kneg. Jy was ‘n ware  gesand van jou God.